Maatskappy oorsig

Ceva Animal Health (Edms) Bpk is ‘n filiaal van Ceva Sante Animale, ‘n internasionale maatskappy met sy Hoofkantore in Libourne, Frankryk.

Gedurende ons eerste 10 jaar van bestaan was Ceva Sante Animale die vinnigste groeiende Top 10 veeartseny maatskappy.*  Ons word nou wêreldwyd gereken as die negende grootste dieregesondheidsgroep – en ons is eers in 1999 gestig! Ceva het tans 'n jaarlikse groei van 2.7%.  Verkope 2013 €624 Miljoen versus 2012 €607 Miljoen.

Ons kundigheid is gemik op twee velde – dié van farmakologie en dié van biologie.  Ons toegewyde spanne poog om in die spesifieke behoeftes van die troeteldier, pluimvee, herkouer en vark sektore te voorsien.  Ons streef voortdurend daarna om beter oplossings te vind vir bestaande en opkomende siektes, om sodoende die gesondheid en produktiwiteit van diere te verbeter.

Ons sorg strek verder as net die gesondheid en welsyn van diere.  Deesdae is ‘n verbysterende 75% van alle opkomende menslike aansteeklike siektes van dierlike oorsprong.  Ceva is betrokke in die styd teen die verspreiding van aansteeklike siektes wat van wilde en huishoudelike diere en voëls na die mens oorgedra word – siektes wat bekend staan as zoönoses, wat insluit voëlgriep, Brusselose en Q-koors.

Ceva is ‘n sigbare ondersteuner van, en bydraer tot, verskeie welsyns- en maatskaplike programme oor die hele wêreld.  Ons werk wissel van navorsing, ontwikkeling, vervaardiging en voorsiening van dieregesondheids produkte aan die armste vee-eienaars in die wêreld.  Ons SOS (Stamp Out Sleepingsickness) program in Uganda is ‘n goeie voorbeeld hiervan.  Ons verskaf ook aan die Verenigde Koninkryk se grootste hondewelsynsliefdadigheid Adaptil (D.A.P.) - Honde Paai Feromoon nekbande, om te help om hulle lewens in skuilings minder stresvol te maak.

Ceva kombineer winsgewendheid suksesvol met langtermyn groei.

Ons wêreldwye sake bedrywighede is verdeel in ses groot gebiede: Wes-Europa, Sentraal- en Oos Europa (insluitend Turkye), Noord-Amerika, Latyns-Amerika, Afrika/Midde-Ooste, Asië/Stille Oseaan.

Ons is wêreldwyd direk verteenwoordig in 42 lande, het 13 navorsing en ontwikkeling sentrums, 21 produksie aanlegte en 3500 werknemers.  Die maatskappy is gefokus op navorsing, ontwikkeling, produksie en bemarking van farmaseutiese produkte en entstowwe vir troeteldiere, pluimvee, herkouers en varke.

Bron: Vetnosis, CAGR tydperk 1999-2009

Last update: 14/05/2020

Terug na bo