Ons kern waardes

CEVA Suid Afrika is verbind tot die volgende kernwaardes:

SOLIDARITEIT - fokus op spanwerk, ons wil die belangrikste dieregesondheidsuitdagings wêreldwyd aanpak.

Met die samesmelting van ‘n paar klein maatskappye het Ceva Animal Health ontstaan.  Ten spyte van vele struikelblokke, soos uiteenlopende praktyke en kulture wat moes saamsmelt, gesteelde telefoon en internet kabels, Eskom krag krisisse, die wêreld ekonomiese insinking en krediet beperkings, het Ceva gegroei.  Vanaf 2008 het Ceva se verkope met 43% gegroei, Strategiese en innoverende produkte het in dieselfde tydperk met 133% gegroei.  Implimentering van tegniese ondersteuningspanne het verseker dat Ceva produkte reg en optimaal benut word.  Verder, met die   toevoeging van goed gekwalifiseerde personeel en die gepaardgaande verbetering in produktiwiteit, het die bedryfsresultaat met 25,9% verbeter.

INNOVASIE - ons gewilligheid om af te wyk van  meer konvensionele benaderings deur beperking van idees te oorbrug.

Die groei periode van braaikuikens het gedurende die afgelope 30 jaar verlaag van 65 dae na 35 dae.  Die verkorte groeiperiode het tot gevolg dat die braaikuiken nie genoeg tyd het om ’n optimale immuun reaksie te ontwikkel met tradisionele entstowwe nie.  Nuwe entstof ontwikkeling word gemik op dagoud of selfs in-ovo toediening, vir ‘n voldoende immuunreaksie.  Hierdie innoverende entstowwe se sukses is afhanklik van akkurate toediening. Ceva se ontwikkeling van broeiery entingstoerusting en tegniese rugsteuning het groot aanklank gevind in die mark.

Vermindering van stres in braaikuiken teëlouers en lêhenne, weens herhaalde inentings van geïnaktiveerde entstowwe in pluimvee, het tot gevolg dat polivalente entstowwe al hoe meer en meer gebruik word.  Die effektiwiteit van hierdie entstowwe is afhanklik van korrekte dosis toediening.  Die jongste innovasie in die proses van implimentering is die Desvac Intra-muskulêre inspuitingsapparaat.  Dit stel die kliënt in staat om akkurate binnespierse entings toe te dien, herhaalbaar in terme van akkurate dosis en gewenste posisionering van inspuiting.

ONDERNEMINGSGEES - Ons mense, wetenskaplikes en netwerk van vennote word aangemoedig om hul kundigheid te gebruik om voortdurend dieregesondheidskennis te verbeter, sodat werklike oplossings gevind kan word.

Die C.H.I.C.K Program (Ceva Hatchery Injection Control Keys) is suksesvol geïmplimenteer in 16 braaikuiken broeierye.  Fokus is op broeiery entstowwe, toerusting, entingstegniek, evaluering en diagnose van entings.   Die tegniese span is verantwoordelik vir opleiding, diens en onderhoud van die toerusting, asook die evaluering van entings. 

Ceva ondersteun tans die Suid Afrikaanse Veterinêre Vereniging, en meer spesifiek die Veterinêre Stigting, deur middel van befondsing en hulp met epidemiologiese studies en navorsing.  Ceva het die behoefte vir opleiding en wetenskaplik gefundeerde informasie vir die veearts en boer geïdentifiseer. Ceva is direk betrokke by fasilitering van spesialiteitsgroep besprekings en opleiding.  (Bv Sheep Farm Services en Ceva University). 

Met die ondersteuning van ons kliënte, voorsien Ceva dat hulle in die nabye toekoms een van die 5 groot Dieregesondheidsmaatskappye in die wêreld sal word.  CEVA NEEM SY ROL 0M IN DIE NABYE TOEKOMS 9 BILJOEN MENSE TE HELP VOED BAIE ERNSTIG, EN WERK HARD OM DIT MOONTLIK TE MAAK.

Last update: 15/05/2020

Terug na bo