Farmakobewaking

Vir kontak ingeval van ongunstige reaksie op produkte.

Advies oor die aanmelding van vermeende negatiewe reaksies

Wanneer 'n vermeende negatiewe reaksie waargeneem word tydens die gebruik van 'n geneesmiddel by:

§ Diere (insluitend voëls en visse)

§ Voorvalle waarby mense betrokke is

Sal jy asseblief jou klagte in Engels aanteken op die webwerf vorm hieronder.   Voltooi asb ook die aangehegte vorm hierbo.  

Die voltooide vorms moet elektronies ingestuur word na

thandiwe.mtimkulu[at]ceva.com of willem.schultheiss[at]ceva.com

In ‘n noodgeval, of vir verdere inligting, kontak asseblief Thandiwe Mtimkulu (Verantwoordelike Farmaseut) by Sel Nr 071 422 2624 of Tel Nr 011 545 8995 of Faks Nr 011 545 8996 of Dr Willem Schultheiss by Sel Nr 082 323 7019 of Tel Nr 011 545 8963 of Faks Nr 011 545 8996.

Wat om te rapporteer

§ Vermeende negatiewe reaksies teen geregistreerde veeartsenykundige medisyne, veemiddels en entstowwe.

§ Verdagte nadelige reaksie van medisyne wat met ongeregistreerde gebruiksaanwysings in diere gebruik word.

§ Vermeende negatiewe reaksies teen kruie-, homeopatiese- of ander alternatiewe middels.

§ Vermeende gebrek aan effektiwiteit van 'n produk.

§ Vermeende gebrek aan effektiwiteit van 'n entstof.

§ Misbruik van produkte.

Rapporteer selfs as:

§ Jy nie seker is dat die produk die voorval veroorsaak het nie.

Ons is veral geïnteresseerd in:

§ Ongunstige reaksies vir produkte wat onlangs bemark is.

§ Ernstige ongunstige reaksies en interaksies met alle produkte.

§ Ongunstige reaksies wat nie duidelik op die voubiljet gestipuleer word nie.

Vertroulikheid

§ Identiteit van die aanmelder, kliënt en pasiënt sal streng vertroulik bly.

§ Die verslag is nie 'n erkenning dat die veearts, of die produk bygedra het tot, of die voorval veroorsaak het nie.

§ Jy het nie al die besonderhede nie.

The personal information collected is intended for Ceva Animal Health, and Ceva group companies, in order to manage your request.This information may be passed on to service providers in order to organize this management. In accordance with the Regulations on personal data you have rights of access, rectification and limitation of processing of your data. You may also, in certain limited cases, oppose the treatment, withdraw your consent and request the deletion and portability of your data. For any request relating to your personal data please go to this page.