Ondersteuningsprogramme

‘n Alliansie tussen CEVA, die internasionale gemeenskap, burgers en navorsers, maak ‘n betekenisvolle verskil in die lewens van arm mense.

Die helfte van alle aansteeklike siektes en drie-kwart van nuwe ontluikende siektes wat mense affekteer, is soonoties - dit beteken hulle kan deur diere na mense oorgedra word.

Vinnige groei van die wêreld populasie van mense en plaas diere, intensifisering van boerdery sisteme, massiewe hoeveelhede melk, vleis en eier verbruik, veral in ontwikkelende lande, en enorme vermeerdering in the internasionale beweging van mense, diere en diereprodukte, wat ons planeet blootstel aan al hoe meer risiko as gevolg van soonotiese siektes, insluitende potensiële katastrofiese epidemies.

Ceva werk met vennote oor die hele wêreld om die bedreiging wat plaasdiere inhou vir wêreldwye gesondheid te verminder.

In lande waar Brusellose 'n bedreiging is, werk Ceva saam met gesondheidsowerhede om te help met voorkoming.   Die WGO  skat dat daar elke jaar 'n half biljoen gevalle in mense gediagnoseer word.   Hulle word besmet deur die inaseming van stof terwyl produkte hanteer word wat besmet is met die Brusela bakterieë, of deur onbehandelde melk van onbehandelde diere te drink.   As 'n wêreldwye leier in vrugafdrywende siektes, bied Ceva Tegniese kennis sowel as die entstof, COGLAREV®

Van 2006 werk Ceva saam met vennote in Uganda om te help met die “Wis slaapsiekte uit” projek.  Mense word geïnfekteer met die parasiet wat hierdie ernstige, soms fatale, siekte veroorsaak wanneer hulle gebyt word deur die besmette Tsetsevlieg.   Die Tsetsevlieg word besmet as hulle besmette beeste byt.  Meer as 'n miljoen beeste is alreeds met Ceva middels behandel - VERIBEN® B12 en VERIDIUM® wat die parasiete doodmaak, en die inseksproei VECTOCID® wat die Tsetsevlieg doodmaak.  Dit verminder die risiko dat die Tsetsevlieg die siekte van beeste na mense versprei.   Ceva toets ook die potensiaal om muskiete te beheer deur insekdoders op vee aan te wend - deur "Beeste teen Malaria".

Ceva is in Mexiko deur die Regering gekies om entstof te verskaf vir 'n entstof veldtog teen voëlgriep.   Dit het gevolg op 'n uitbraak van die siekse in 2012, wat 'n vernietigende impak gehad het op die land se pluimvee industrie.   Ceva se VECTORMUNE® AI en CEVAC® New Flukem word gebruik teen die H5N2 virus en CEVAC® Flu H7 k teen H7N3.   Amper 1 Biljoen dossise is sover gebruik.

In Egipte, benewens die voorsiening van 60 miljoen dossise VECTORMUNE® AI enstof teen voëlgriep, het Ceva ook bygedra tot 'n FAO program wat 'n werktuig opgestel het wat die Egiptiese owerhede help om die beste enstof strategieë te ondersoek.

In Bangladesh het Ceva 'n broeihuis entingsprogram geïmplimenteer waardeur 13 miljoen lê-henne beskerm is teen voëlgriep deur die gebruik van VECTORMUNE® AI.   Die hoof doel was om te voorkom dat daar 'n afname in eier produksie is as gevolg van siekte epidemies, om sodoende voedselsekerheid te versterk.

In Hongarye was Ceva pro-aktief om 'n privaat/publieke venootskap te inisieer om 'n plan te beraam vir die voorkoming van Q-koors.  Dit volg op die uitbraak van die siekte in 2013 waar ongeveer 200 mense gehospitaliseer moes word.   Q Koors is 'n ernstige Bakteriese siekte wat kan versprei van herkouers na mense en geweldige publieke gesondheids en eknomiese probleme kan veroorsaak.   Ceva produseer COXEVAC® die wêreld se enigste entstof teen hierdie siekte - wat nie slegs net kliniese impak verbeter nie, maar ook die uitskeiding van bakterieë heelwat verminder of selfs elimineer in geënte diere, en sodoende kontaminasie van die omgewing verminder.

Last update: 14/05/2020

Terug na bo