Regs Kennisgewing

I – Regskennisgewing vir die webwerf www.ceva.co.za

- Hierdie webwerf (hierna die "webwerf") is geskryf deur:

CEVA Dieregesondheid (EDMS) BPK («CEVA»)

Reg n ° 1973/16009/07

H / v 16de  en Douglas Strate

Randjespark

Midrand Gauteng SA

Tel: +27.11.314.0441

Fax: +27.11.314.0446

E-pos: herkouer.info@ceva.com

Die publikasie direkteur is: Mnr Marius Viljoen - BESTURENDE DIREKTEUR CEVA Dieregesondheid (EDMS) BPK

Hierdie webwerf word aangebied deur die maatskappy: Clever Age www.clever-age.com

Hierdie webwerf is geskep deur die maatskappy: Clever Age www.clever-age.com

Die gebruik van die webwerf word bestuur onder  hierdie terme en voorwaardes vir gebruik.

Deur toegang tot die webwerf, onderneem die internet gebruiker om te voldoen aan die terme van gebruik hieronder omskryf en dit te respekteer. Die internet gebruiker erken dat hy/sy die terme en voorwaardes gelees het, dit verstaan en in geheel aanvaar.  As die internet gebruiker weier om enige van hierdie gebruiksvoorwaardes te aanvaar, word die gebruiker versoek en gedwing om nie die webwerf te gebruik nie.

II - Bepalings en  voorwaardes van gebruik van die webwerf www.ceva.co.za

A. Inhoud en toegang tot die webwerf

o Inhoud van die webtuiste

CEVA streef daarna om die inhoud van die webwerf op datum te hou en korrekte inligting te lewer aan die internet gebruiker.  Nietemin, CEVA kan nie verantwoordelik gehou word vir enige foute en / of weglatings nie.

CEVA behou alle regte om die webwerf se dienste of inhoud te verander, beëindig, op te skort of onderbreek, sonder enige vooraf waarskuwing.

Die internet gebruiker kan enige fout of weglating aan die volgende e-posadres rapporteer: herkouer.info@ceva.com  

Enige gebruik van die webwerf wat nie voldoen aan sy oorspronklike bedoeling nie en enige oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, kan uitloop ​​in die toepassing van kriminele- en siviele strawwe waarvoor in die wet voorsiening gemaak word.

o Toegang tot die webwerf

Toegang tot die dienste word gemaak deur 'n persoonlike rekenaar gekoppel aan' n telekommunikasie-netwerk, waardeur toegang tot die webwerf verkry word in ooreenstemming met die kommunikasie protokolle wat algemeen op die internet gebruik word.

CEVA poog om toeganklikheid tot die webwerf in stand te hou, 24 uur per dag, 7 dae 'n week, sonder enige verpligting vir effektiewe lewering nie.

Toegang tot die webwerf  mag af en toe onderbreek word as gevolg van onderhoud, opgraderings, en enige ander rede, spesifiek van 'n tegniese aard

In geen geval kan CEVA verantwoordelik gehou word vir hierdie onderbrekings, of vir enige gevolge wat daardeur kan ontstaan ​​vir die internet gebruiker nie.

Daarbenewens kan CEVA nie verantwoordelik gehou word vir die bestaan ​​van enige ‟malware” op die webwerf  nie, ook nie vir enige gevolge wat daardeur kan ontstaan ​​vir die internet gebruiker nie.

o Hiperteks skakels wat op die webwerf geplaas is

Die webwerf mag hiperteks skakels na ander webwerwe bevat wat nie beheer en / of geskryf word deur CEVA nie.

CEVA het hoegenaamd geen beheer oor die inligting, produkte of dienste wat deur sodanige gekoppelde webblaaie aangebied word nie en mag onder geen omstandighede verantwoordelik gehou word vir die inhoud van enige sodanige webtuistes nie.

Toegang tot sodanige webwerwe deur die internet gebruiker is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die gebruiker.

B. Intellektuele Eiendom

o Geregistreerde Handelsmerke

Handelsmerke wat verskyn op die webtuiste is óf die eiendom van CEVA en / of sy moeder maatskappy CEVA Sante Animale SA, of produkte wat aan derde partye behoort, wat deur CEVA en / of sy moeder maatskappy gemagtig is om sodanige handelsmerke te gebruik.

Toegang tot die perseel verleen geen ander regte buiten die lees van die webwerf se inhoud.

Die publikasie van hierdie webwerf op die internet doen nie afbreuk aan enige gebruikslisensie van die handelsmerke aangehaal nie, aangesien sodanige gebruik afhanklik is van die uitdruklike voorafgaande skriftelike toestemming van die eienaar(s) van die handelsmerk.

o Skrywer se regte / Kopieregte / handelsmerke en ontwerpe / patente

Die webwerf is 'n intellektuele werk beskerm deur die regte van intellektuele eiendom.

Al die elemente van die webwerf is die eksklusiewe eiendom van CEVA en / of sy moeder maatskappy, synde die enigste liggaam wat gemagtig is om die relevante intellektuele eiendom en persoonlikheidsregte uit te oefen. Die internet gebruiker bekom nie 'n lisensie of enige ander reg as dié van raadpleging op die webwerf nie.

Die webwerf en die samestellende komponente word beskerm deur die wet van Suid-Afrika en die internasionale regskonvensies met betrekking tot respek vir die skrywer se regte, kopieregte, ontwerpe en handelsmerke en patente.  Die reproduksie en / of verteenwoordiging van hierdie komponente is slegs gemagtig vir inligtingsgebruike en streng persoonlike en private aanwending.

Alle versoeke vir magtiging moet gerig word aan die volgende e-posadres: herkouer.info@ceva.com

C. Persoonlike inligting

o Behandeling van persoonlike data

CEVA kan die internet gebruiker vra om persoonlike data (naam, adres, e-pos adres, beroep, ens.) te verskaf.

Die internet gebruiker behou die regte om toegang te verkry om enige sodanige persoonlike data te korrigeer of te verwyder.

Om hierdie reg uit te oefen moet die internet gebruiker 'n brief aan die volgende adres rig: CEVA Animal Health (Edms) Bpk, Posbus 7707, Halfway House, 1685. Aandag: L Morris

Die verandering of verwydering sal so gou as moontlik na ontvangs van die versoek uitgevoer word.

Sekere inligting wat nie ooreenstem met persoonlike data nie, en nie die gebruiker identifiseer nie, mag aangeteken word  deur die webbedieners wat deur CEVA gebruik word (webleser gebruik, IP adres, ens).

Die internet gebruiker word hiermee in kennis gestel dat 'n koekie outomaties geïnstalleer kan word in die gebruiker se webleser gedurende die webwerf besoek.

Die koekie is 'n blok data wat nie die internet-gebruikers identifiseer nie, maar wat inligting aanteken met betrekking tot die gebruiker se navigasie binne die webwerf (die bladsye wat besoek is, die datum en tyd van die besoek, ens).

Die gebruik van koekies is bedoel om ontleding van die webwerf besoek frekwensies, gehoor afmetings ens, toe te laat met die doel om die webwerf se kwaliteit te verbeter.

Jou webleser bevat tipies 'n opsie waar koekies geweier kan word. Dit beteken nie dat verbinding met ons webwerf voorkom word nie, maar kan vertragings veroorsaak in die laai van bladsye.

Persoonlike inligting aangaande die internet gebruiker is bedoel vir CEVA, en mag moontlik oorgedra word aan derde partye, veral vir ander maatskappye wat deel uitmaak van die Groep. Die internet gebruiker kan hul opposisie teen hierdie oordrag aanteken deur 'n e-pos na die volgende adres te rig: herkouer.info@ceva.com

o Sekuriteit

CEVA implimenteer tegniese en organisatoriese sekuriteitstegnieke om die data wat hulle bestuur  te beskerm teen toevallige en opsetlike manipulasie, teen die verlies of vernietiging van die data, en teen die toegang tot hierdie inligting deur ongemagtigde persone.

Hierdie veiligheidsmaatreëls word voortdurend verbeter in korrelasie met tegnologiese ontwikkelings.

Vir al die inligting versoeke, voorstelle of eise met betrekking tot die hantering van persoonlike inligting van die individuele internet gebruiker, moet die gebruiker hul bekommernisse direk rig aan : herkouer.info@ceva.com

D. Verantwoordelikheid

Dit is verbode:

om die webwerf of kommunikasie dienste  te gebruik om kettingpos, rommelpos, "spam" of enige herhalende of ongevraagde  e-pos (kommersieel of andersins) aan te stuur;

op enige wyse hoegenaamd, inligting met betrekking tot derde partye, veral e-pos adresse, sonder die toestemming van die betrokke derde partye te bekom ;

poog om vals identiteite te skep of uit te buit, e-posadresse of hoofde vervals om derde partye te mislei op enige wyse hoegenaamd met betrekking tot die identiteit van die versender van die boodskap of met betrekking tot die oorsprong van die boodskap;

om enige onvanpaste inhoud, soos hieronder gedefinieer onder "Onvanpaste inhoud" aan te stuur;

enige element met 'n virus of ander komponent wat skadelik of nadelig vir die webwerf of derde partye is, of in stryd is met die wet, aan te stuur;

om te probeer om op ongemagtigde wyse toegang te kry tot aangebode dienste van ander rekeninge, inligtingstelsels of netwerke wat  verbind is aan die Webwerf dienste, deur middel van die gebruik van verskillende wagwoorde of op enige ander wyse;

om in te meng met die gebruik en genot van die diens deur enige ander internet gebruiker of met die gebruik en genot van soortgelyke dienste deur middel van 'n ander entiteit.

Onvanpaste inhoud sluit in enige taal, kommentaar, opmerkings en beelde wat deur CEVA  as onwelvoeglik, bedrieglik, onwettig, rassisties, lasterlik of konstitutief aan teistering, skending van regte van derde partye, of verhindering en / of bedwang van  die gebruik van ander internet gebruikers van die forums of kletskamers toeganklik via die webwerf.

Die gebruik van die webwerf, sy dienste en enige element of inligting wat verkry word daardeur, verbind die eksklusiewe verantwoordelikheid van die internet gebruiker.

CEVA verskaf geen waarborg van enige aard aan die internet gebruiker nie, uitdruklik of onvoorwaardelik, as om die kwaliteit van die webwerf se dienste of hulle kommersiële gehalte, konsekwentheid, of om resultate na te vors wat aan die internet gebruiker se verwagtinge voldoen, en weier alle verantwoordelikhede wat betref moontlike dispute, optrede of beroepe deur derde partye wat dalk wil aanspraak maak op hulle regte, veral private regte, oor enige inhoud nie deur CEVA geskep is nie.

Daarbenewens mag CEVA nie verantwoordelik gehou word vir:

enige gebrek aan prestasie van die webwerf en / of enige sagteware wat gebruik word of afgelaai word vanaf die webwerf ;

enige verlies van data of dienste as gevolg van vertragings, veranderinge, skorsings of onderbrekings in sy dienste;

onakkuraatheid, swak kwaliteit of die aard van die inligting wat verkry is deur middel van sy dienste;

enige gevolge wat  direk of indirek voortvloei uit  die oordrag van ‟malware” deur middel van sy bedieners ;

 ook nie vir enige manipulasie deur enige ongemagtigde persone van data op die webwerf of van data met betrekking tot die internet gebruiker.

CEVA kan insgelyks nie verantwoordelik gehou word vir enige direkte of indirekte skade, veral, maar nie uitsluitlik  nie, insluitende die verlies van wins, kliënte, data, alle ontasbare voordele, verlies van geleentheid vir inkomste of enige ander verlies of skade wat moontlik voortspruit uit die gebruik of, in teendeel, nie-gebruik wat veroorsaak word deur ontoeganklikheid tot die webwerf.

Met betrekking tot persoonlike inhoud, soos hieronder omskryf is, voorsien deur internet gebruikers, aanvaar CEVA geen verantwoordelikheid met betrekking tot die bestaan ​​van sodanige inhoud in kletskamers of op enige ander besprekingsdiens nie. Sulke persoonlike inhoud, of dit  menings, verklarings, aanbevelings of sienings, is verteenwoordigend van die unieke menings, verklarings, aanbevelings en sienings van die gebruikers en nooit uitdruklik of implisiet dié van CEVA nie.

Die webwerf mag skakels na ander webwerwe bevat wat nie beheer en / of geskryf is deur CEVA nie.  Op geen manier hoegenaamd oefen CEVA enige beheer uit oor die inligting, produkte of dienste wat deur sodanige gekoppelde webblaaie aangebied word nie en mag in geen omstandighede verantwoordelik gehou word vir die inhoud van enige sodanige webtuistes nie.

Die internet gebruiker stem in om CEVA te vrywaar teen enige en alle aksies vir verantwoordelikheid, toegang, verlies, koste, verlies aan inkomste, verlies van data, en enige ander direkte of indirekte skade as gevolg van die skending deur die internet gebruiker  van enige van die voorwaardes van die huidige wetlike kennisgewings.

E. Toepaslike reg - Jurisdiksie

Hierdie webwerf en sy inhoud, soos met hierdie Webwerf terme en voorwaardes, word gedek deur die wet van Suid-Afrika.

Enige moontlike litigasie sal slegs aanspreekbaar wees voor die howe van Suid-Afrika.

In die geval dat enige van hierdie maatreëls, soos beskryf in hierdie terme en voorwaardes, nietig verklaar word, sal sulke maatreëls  op 'n wyse vertolk word, wat die oorspronklike bedoelings van CEVA  die beste weerspieël en die oorblywende maatreëls sal bly soos wetlik geldig is.

Die nie-toepassing of afwesigheid van 'n toepaslike eis deur CEVA vir enige een van die maatreëls in hierdie terme en voorwaardes of enige ander reg, mag in geen geval beskou word as 'n afstanddoening deur CEVA van sulke maatreëls of regte nie, tensy sodanige afstanddoening uitdruklik skriftelik toegestaan is.

F. Aanpassing van hierdie terme en voorwaardes van gebruik

CEVA behou alle regte om op enige tyd en sonder kennisgewing enige van, of al hierdie Webwerf bepalings en voorwaardes van gebruik te wysig, spesifiek met betrekking tot 'n nuwe regulerende of wetlike aksies, of enige pogings aangewend om gebruik van die webwerf te verbeter vir die internet gebruiker.

Enige toekomstige veranderings vir die gebruik van die webwerf moet ingesluit word binne hierdie huidige terme en voorwaardes.

Last update: 20/08/2018

Terug na bo