Ons Missie

Ceva glo dat ‘n nuwe benadering tot wêreld gesondheid nodig is, wat verder gaan as slegs dieregesondheid.

Ons nuwe missie, opgesom in die slagspreuk, Saam, verbind tot meer as dieregesondheid”, het drie basiese beginsels wat elkeen die breër sosiale kwessies aanspreek.

Help om ‘n groeiende bevolking te voed

Die kwessie om voedselbronne en voedselsekuriteit te verseker is noodsaaklik.  Huidiglik het nie almal in die wêreld toegang tot voldoende hoeveelhede dierlike proteïene nie.  Volhoubare intensiewe landbou is en sal toenemend ‘n belangrike deel word van die strategie om 9 miljard mense teen 2050 te voed.  Ceva sal voortgaan om met ons vennote, wat betrokke is by die produksie van dierlike proteïene, saam te werk om steeds meer doeltreffende maniere te vind vir die grootmaak van diere, wat minimale stres op hulle sal plaas.

Bestryding van Zoönoses

Ons is verbind tot die stryd teen zoönoses, wat die bedreiging dra van ernstige pandemies, veral in ‘n wêreld van toenemende mobiliteit.  Ons wil die feit beklemtoon dat die veiligheid van voedsel produkte onlangs ‘n onderwerp van groot openbare kommer geword het.  Beide bestaande en toekomstige biologiese produkte sal help om te verseker dat ons in staat is om veilige, kwaliteit dierlike proteïene te voorsien.

Die voordele om die noodsaaklike skakel tussen mens en dier te bevorder

Troeteldiere is ‘n belangrike deel van ons lewens en kan baie bydra tot die sielkundige en emosionele welstand in ons samelewing van toenemende verstedeliking.  Soos ons stede groei, sal die rol van die veeartseny professie se opvoeding van mense rakende die beste manier om in harmonie met hulle troeteldiere te lewe, al hoe groter word.

Hierdie drieledige roeping is ‘n bereikbare ideaal, maar is buite die grense van wat een maatskappy alleen kan bereik.  Dit is waarom ons ons benadering met ander gesondheidswerkers in die openbaar wil debatteer, want dit is slegs as ons almal saamstaan dat ons in staat sal wees om aan toekomstige eise in die gesondheid van die wêreld te voldoen.

Last update: 15/05/2020

Terug na bo