Inenting Toerusting

Broeiery Inenting C.H.I.C.K. program

Met die ontwikkeling van entstof tegnologie vir pluimveeproduksie, is meer en meer produsente in staat om inentings in die broeiery te konsentreer.

Inenting deur middel van inspuiting is stresvol vir dag-oud kuikens. Om hierdie stres te verminder moet ditt so vinnig en effektief as moontlik, in die kortste moontlike tyd gedoen word. CEVA voorsien spesifieke toerusting, ontwikkel uitsluitlik met hierdie doel voor oë, om hoë kwaliteit inenting in die broeiery te verseker: Desvac DOVAC enkel of dubbel inspuiting en Autovac.

Die C.H.I.C.K. (CEVA Hatchery Injection Control Keys) program is ‘n volledige pakket van dienste aan die broeierye. Dit sluit in operasionele prosedures wat fokus op 5 areas om die beste benutting van CEVA entstowwe te verseker: entstowwe, toerusting, entings tegniek, monitering & diagnose, expertise & opleiding.

Met die gebruik van die opleidings meganismes en roetine besoeke aan die broeierye, plus die nodige relevante tegniese inligting, verskaf die C.H.I.C.K. Program die volgende aan klante:

  • Ontwikkeling en implementering van operasionele prosedures rakende die korrekte hantering van alle tipe entstowwe wat deur CEVA vervaardig en voorsien word.
  • Opleiding en versekering aangaande die korrekte entings tegnieke.
  • Implementering en opleiding, met die nodige tegniese materiaal, rakende nodige verstelling, bedryf en skoonmaak van alle toerusting deur CEVA geïnstalleer.
  • Roetine besoeke vir verdere opleiding, monitering en evaluasie van die prosesse om hoogste kwaliteit enting te verseker.
  • Voorsiening van relevante tegniese dokumente oor broeiery besttur, enting, entstowwe, siektes ens., om CEVA se klante op hoogte te hou van alle nuwe ontwikkeling.

Die implementering van die detail in die C.H.I.C.K. Program is hoe ons verseker dat klante teverede is met CEVA se entstowwe in die broeiery en op die plaas.

Lêhen en Teelouer Inspuitings

Automatiese IM Injector

Die Automatiese IM Injector, vervaardig deur Desvac, is ‘n automatiese masjien vir presiese intramuskulêre bors inspuiting van geïnaktiveerde entstowwe in lêhenne en teelouers (e.g.: CEVAC® CORYMUNE 4K, CEVAC® CORYMUNE 7K).

Die toerusting kan een of twee inspuitings gelyktydig doen. Die aktivering va n3 sensors in die borsvorm van die masjien, voordat inspuiting plaasvind, verseker die korrekte en konsekwente plasing asook diepte van die inspuiting. Verder verlaag dit die risiko van moontlike selfinspuiting drasties.

Last update: 14/05/2020

Terug na bo