Vervaardiging

CEVA se vervaardigingsbeleid weerspieël ons oorhoofse strategie om wêreldwyd teenwoordig te wees.

CEVA se vervaardigingsbeleid weerspieël ons oorhoofse strategie om wêreldwyd teenwoordig  te wees, dws  om die sinergieë en uitnemendheid gedryf deur globale aanlegte te bereik en dit dan  uit te brei om te verseker dat ons dieselfde standaarde in ons aanlegte, wat naby ons plaaslike markte is, bereik ten einde maksimum reaktiwiteit vir ons kliënte te verseker.

CEVA het 4 hoof  internasionale aanlegte, met 19 vervaardigingsaanlegte in verskeie ander lande (veral vir biologiese produkte). Navorsing en ontwikkelingspanne, sowel as industriële groepe is byderhand om te verseker dat die oorgang van finale ontwikkeling na volle produksie, beheer kan word deur kruis-funksionele spanne.

CEVA se uitgebreide geografiese dekking beteken dat ons ons markte kan voorsien van produkte en dienste wat by plaaslike spesifikasies en aanvraag aangepas is.

Vervaardiging in Suid-Afrika

CEVA Suid-Afrika het een van die plaaslike vervaardigingsaanlegte wat tans hoofsaaklik vervaardig vir die plaaslike herkouer mark, met 'n paar uitsonderings van uitvoere na ander Afrika-lande, waar mytdoders betrokke is. Die vervaardigingseenheid, onder leiding van die Produksie Farmaseut, het die vermoë om ekto- en endoparasitietmiddels te produseer, in orale, inspuitbare en opgiet formulasies. Die eenheid is in staat om 'n verskeidenheid van verpakkings - van 50 ml tot 200 Lt – te vervaardig.  Alle vervaardiging word uitgevoer met die volledige komponent vir navolging, sodat CEVA effektief  kan reageer op enige produk navrae wat mag opduik. In-huis produksie verseker dat CEVA volle beheer het oor die kwaliteit van ons produkte.

Gehalteversekering:

Al ons produkte word vervaardig volgens streng gehalte spesifikasies, regdeur die hele proses. Dit sluit in die verifikasie van die kwaliteit van alle rou materiaal en verpakking, tot by die finale produk. Onafhanklike laboratoriums word gebruik om die produkte te toets en die kwaliteit van die produkte wat vervaardig word te bevestig, voordat dit versprei word na die eindverbruiker. Die feit dat ons entstowwe in die buiteland vervaardig word, maak die verkoelingsketting proses kritiek om te verseker dat al ons entstowwe ontvang, verpak en versend word om die eindverbruiker op 100% van hul spesifikasies te bereik. Dit is 'n integrale deel van CEVA Suid-Afrika se gehalteversekering program.

Last update: 15/05/2020

Terug na bo