Voorwoord

CEVA SA en sy mense sal voortgaan om by te dra tot die welsyn van diere, produksie van voedsel, in die besonder proteïene en die gesondheid en welstand van Suid-Afrikaanse diere en mense, deur ons tegniese ondersteuning en produkreekse.

As CEVA Suid-Afrika is ons trots om deel te wees van die Nuwe Suid-Afrika waarin verskillende kulture (Reënboognasie) deel neem in die welsyn van die maatskappy sowel as die land.

Hierdie unieke sameloop van talente onderskei ons van ander nasies.  Ons entrepreneurskapsagtergrond kan individue binne die maatskappy nie noodwendig net in hul velde van kundigheid dra nie, maar ook in die breër prentjie van die maatskappy. 

Ons beskou onsself as kundiges in pluimvee inentings en veterinêre dienste, en ons dra wêreldwyd ons kundigheid en ondervinding oor aan ons ander kollegas. Hierdie tegniese kundigheid en masjien ontwikkeling vir akkurate dosering en inenting, verbeter en bevorder dieregesondheid in hierdie land.

Ons Herkouer span het 'n reeks kwaliteit produkte, gekoppel aan mark leierskap in tegniese kundigheid, wat hulle in staat stel om 'n volkome oplossing te bied aan veeboere in Suid-Afrika.

Die voorkoms van Soönotiese en tropiese siektes vergroot tans in ons land.   As Suid-Afrikaners moet ons 'n groot rol speel om hierdie siektes te bestry.   Die Ceva slagspreuk -  "Saam, verbind tot meer as Dieregesondheid" dui op ons sterk verbintenis daartoe om by te dra tot die uitwissing van hierdie siektes.  

Ceva se volle waardes is soos volg - hierdie waardes is deurslaggewend van ons onderneming in Suid-Afrika en die gedrag en denke van ons span:

Ondernemingsgees

Solidariteit

Inovasie

Kliënte passie

Last update: 21/02/2021

Terug na bo