Katte - FELIWAY® FAQ

Algemene vrae rakende die gebruik van Feliway®

Watter feromoon is in Feliway® en is dit veilig vir die mens? 

Die feromone wat vrygestel word deur Feliway® is identies aan die vertroudmakings gesig feromoon wat katte gebruik om voorwerpe in hul omgewing te merk. Aangesien feromone spesie-spesifiek is, sal kat feromone geen effek hê op mense of ander diere nie.

Is die Feliway® toestel veilig? 

Die Feliway® Spreier toestel is getoets en goedgekeur deur Underwriters Laboratories (UL).

Kan jy die toestel gebruik as jy aan asma ly? 

Bykomend tot die feromoon inhoud, bevat Feliway® 'n paraffien-tipe minerale olie wat ook in ander lugverfrisser toestelle gebruik word.   Ons is nie bewus van enige spesifieke probleme vir asmalyers van sodanige toestelle nie, maar as jy jouself beskou as besonder gevoelig, of probleme gehad het met die gebruik van soortgelyke toestelle in die verlede, raai ons jou aan om die toestel te gebruik slegs na konsultasie met jou dokter of gebruik die Feliway® Sproei as 'n alternatief.

Hoe lank voordat ek enige effek sien? 

Dit hang af van die aard en die omvang van jou kat se probleem. Sommige katte toon tekens van verbetering in minder as 'n week.  Ons raai in elk geval aan dat Feliway® vir ten minste een maand gebruik word voor doeltreffendheid bepaal word.

Wat moet ek doen as die probleem na een maand nie opgelos is nie? 

Sommige gevalle neem langer om te reageer. Feliway® moet vir ten minste een maand gebruik word voor die afleidig gemaak word dat dit nie werk nie.  Maak seker dat die Spreier ingeprop word waar die feromoon sonder beperking kan versprei en dat dit voortdurend ingeprop bly, 24 uur per dag vir 4 weke. Vir die beste resultate kan Feliway® Sproei in samewerking met die Feliway® Spreier gebruik word.  As jy bekommerd is praat asseblief met iemand by jou veeartseny praktyk.

Hoekom moet die spreier nie onder meubels ingeprop word nie?

Olie damp (draer van die feromone) sal ​​in 'n kolom warm lug bo die toestel opstyg.  As hierdie stygende lug geblokkeer word (bv. onder 'n rak, tafel, kabinet, ens.) kan die olie weer kondenseer en 'n sigbare merk laat.  Sirkulasie van feromone kan benadeel word, en die effektiwiteit van die produk affekteer.

Wat is die mees geskikte manier om urienmerke te verwyder? 

Die gebruik van 'n urien verwyderingsproduk, soos Urine-Away™ word aanbeveel.   Bedek die uriendeurdrenkte gebied met die Urine-Away™ en laat staan om droog te word.   Feliway® Sproei kan dan oor die area gespuit word om die kans op urienmerking te verminder.

Kan die Feliway® Spreier in dieselfde kamer gebruik word as 'n inprop lugverfrisser? 

Ja - maar let daarop dat sterk gegeurde lugverfrissers en reukweerders sensitiewe katte kan ontstel.

Moet die Spreier snags uitgeprop word?

Nee - die Spreier moet dag en nag ingeprop bly. Effektiwiteit is gedemonstreer in kliniese toetse met die ononderbroke gebruik van die Spreier, wat toelaat dat die kat die feromoon sein konstant waarneem.

Die kat bespuit of urineer gereeld op elektriese items.  Waar moet die Spreier ingeprop word?

Plaas die toestel buite bereik, of oorweeg dit liewer om die Feliway® Sproei te gebruik.

Dit blyk of die vlak van die vloeistof nie minder word nie? 

Die verspreiding van die vloeistof in die Feliway® Spreier is 'n baie stadige proses. Dit kan dus baie moeilik wees om enige verandering in die vlak van die vloeistof in die toestel te sien gedurende die eerste week van gebruik. Effense variasies sal plaasvind na gelang van die lug omset. Maak seker dat die lont nie gebreek is nie (dit moet strek vanaf die onderkant van die vloeistof tot 'n vlak gelyk met die bokant van die warm keramiek plaat). Probeer om die toestel by 'n ander elektriese muurprop in te prop.

Moet ek die hervulling verander selfs al is daar nog ‘n bietjie vloeistof oor?

Sommige toestelle sal 'n bietjie langer as die 4 weke hou as gevolg van posisie, lug omset, ens. Die toestel sal nooit heeltemal leeg wees nie omdat die laaste paar milliliter vloeistof nie voldoende kontak maak met die pit nie. Dit word dus aanbeveel om die hervulling na 4 weke te vervang.

Is die spreier veilig as dit na brand ruik?

Nuwe spreiers kan effens ruik vir die eerste 24 uur nadat dit aangeskakel word, net soos 'n elektriese verwarmer wanneer stof daarop vergader het. Spreiers in 'n baie stowwerige omgewing kan meer aanhoudend ruik.  Maak seker dat 'n hond of kat nie op die toestel geurineer het nie. Indien die toestel voortdurend in gebruik is vir lang periodes, beveel ons aan dat dit elke 6 maande vervang word.

Kan die vloeistof van die Feliway® Sproei gebruik word in die Feliway® Spreier? 

Nee - die Feliway® Sproei het ‘n alkohol basis en moet nooit gebruik word in die Feliway® Spreier nie.

Moet ek die Feliway®Sproei gebruik, die Feliway® Spreier, of albei? 

In sommige gevalle, vir die beste resultate kan jy beide Feliway® Sproei en die Feliway® Spreier gebruik. In die tabel hieronder, sal jy riglyne vind waarin die mees geskikte formulasies vir jou situasie is.

Feliway® Sproei

Feliway® Spreier

Kommentaar

Urienmerking

+ +

+ + +

Vir die beste resultate gebruik die Feliway® Spreier in kombinasie met die Feliway® Sproei.

Vertikale krappery

+ + +

+

Die Feliway® Sproei moet direk aangewend word op die gemerkte area. Die Feliway® Spreier kan ook help om stres te verminder.

Veelvoudige Kat huishouding

+

+ + +

Die Feliway® Spreier moet gebruik word om die algemene vlak van spanning in alle katte te verminder. Die Feliway® Sproei kan gebruik word in kombinasie met die Spreier.

Veranderinge in die kat se omgewing:  

Verbouings

Verskuiwing van meubels

Nuwe aankomelinge (baba, nuwe troeteldier 

+ +

+ + +

+

+ + +

+ + +

Die Feliway® Spreier is die mees geskikte formulasie. Die Feliway® Sproei kan gebruik word in kombinasie met die Spreier.

Gedurende spanningsvolle gebeurtenisse:

Vuurwerke

Vakansies

 

+

+

 

+ + +

+ + +

Die Feliway® Spreier is die mees geskikte formulasie.

Gedurende blootstelling aan 'n nuwe omgewing:

Verhuising

Aanneming

Verblyf in losies

 

+

 +

+ + +

 

+ + +

+

+

Die Feliway®Spreier is die mees geskikte formulasie. Die Feliway® Sproei kan gebruik word in kombinasie met die Spreier of in 'n situasie waar die Spreier nie prakties is nie.

Vervoer

+ + +

N / A

Last update: 13/07/2023

Terug na bo