Katte

Gedragsafwykings

Wat is FELIWAY®?

FELIWAY® is 'n sintetiese nabootsing van die kat gesigs feromoon, wat deur katte gebruik word om hul grondgebied te merk as 'n veilige en beskermde gebied.

Deur die kat se natuurlike gesig feromoon na te boots, FELIWAY®, word 'n toestand van bekendheid en veiligheid in die kat se plaaslike omgewing geskep.

As gevolg hiervan, kan FELIWAY®  gebruik word om te help om katte te kalmeer en gerus te stel, terwyl hulle 'n uitdagende situasie moet hanteer en/of help om spanning te voorkom of te verminder wanneer katte verander van omgewing.

Die ontwikkeling van FELIWAY® het 'n nuwe veld in veterinêre medisyne teweeggebring: Feromoonterapie.

FELIWAY® is beskikbaar in 2 vorms: as 'n sproei en 'n elektriese spreier.

Hoe gebruik ek FELIWAY®?

Hoe jy FELIWAY® gebruik sal afhang van die situasie waarin jou kat hom bevind en/of die gedrag wat hy of sy openbaar. Verdere besonderhede oor die gebruik van FELIWAY® om katte te help om uitdagende situasies of simptome van stres te hanteer, word hieronder gelys.

Daarbenewens sal spesifieke advies oor watter verpakking die geskikste sal wees, asook meer algemene advies oor die gebruik van beide FELIWAY® Spray en die FELIWAY® Diffuser, ook ingesluit. Indien u enige verdere navrae het, kontak ons gerus.

Wat is feromoonterapie?

Feromoonterapie is 'n nuwe manier om gedrags probleme in diere te beheer. Dit is 'n innoverende en natuurlike oplossing vir stres verwante probleme in honde en katte.

Wat is feromone?

Feromone is 'chemiese seine' wat tussen lede van dieselfde spesie gebruik word om te kommunikeer.

Gevolglik kan feromone wat deur een individu afgeskei word, die gedrag van ander individue van dieselfde spesie beïnvloed en verander.

Die bekendste is die geslag feromoon wat gebruik word om die wyfie kat, wanneer sy op hitte is, meer aantreklik vir die mannetjies te maak. Feromone kan ook gebruik word om grondgebied af te baken,  aanvallers te intimideer, ens ... 

Hoe word ‘n dier gewaar van feromone in die omgewing?

Feromone word deur een dier afgeskei in die lug, en waargeneem deur 'n spesifieke orgaan geleë in die boonste verhemelte van die ander diere.

Om die feromone op te spoor,  pomp diere lug in die vomeronasale orgaan. Hierdie "pomp" gedrag word genoem "flehmen". Afhangend van die spesie, kan die "flehmen" baie diskreet wees (soos in katte) of baie prominent (soos gesien in perde en skape).

By gewaarwording kan die feromoon 'n onbewuste gedragsverandering teweegbring.

Ander gebruike van feromone

Feromone word gebruik vir 'n wye verskeidenheid situasies.

In gedragsbeheer, kan kalmerings feromone gebruik word om stress verwante gedragsprobleme in honde te verminder. Die Hond kalmerings Feromoon - (D.A.P.®)

In dieretuine word feromone suksesvol gebruik om te help om die welsyn van diere te verbeter.

Feromone word ook allerweë in wingerde gebruik, om peste af te weer.

PROFESSIONEEL

Wanneer 'n kat veilig en gemaklik voel in sy omgewing, vryf hy sy kop teen die meubels, muurhoeke of die onderkant van die gordyne, wat dan die gesig feromoon afskei. Hierdie feromoon is kat spesifiek en dra 'n boodskap van veiligheid en geborgenheid.

FELIWAY® is 'n sintetiese afdruk van hierdie feromoon en stel katte gerus en help hulle om aan te pas by veranderinge in hul omgewing, of ander stresvolle situasies.

Kat stress

Dit is nou algemeen bekend dat kat stres 'n verskeidenheid van gesondheids probleme kan veroorsaak en die kat se gedrag kan beïnvloed.

Gemeenskaplike stress-verwante gedragprobleme sluit in:

• urien bespuiting

• vertikale krappery

• oordrewe-versorging

• spanning of inter-kat konflik.

Gemeenskaplike stress verwante medieseprobleme sluit in:

• sistitis

• alopecia (Kaalsiekte)

• anoreksie

• vetsug

Kat spanning of stres kan veroorsaak word deur 'n stresvolle gebeurtenis of as gevolg van 'n deurlopende probleem binne die huis.

Gebruik

• Help voorkom of stop binnenshuise spreiing en krappery.

• Help voorkom of verminder konflik tussen katte en herstel harmonie in jou huishouding.

• Gerusstelling van katte in moeilike situasies soos:

- Verhuising

- Huis opknapping of herversiering

- Nuwe aankomelinge ('n baba, 'n nuwe troeteldier)

- Partytjies (vuurwerke, Kersfees, ens)

FELIWAY® kan ook gebruik word onder leiding van 'n veearts of 'n kat gedragswetenskaplike om stresverwante gedrags- of mediese probleme te help oplos.

Aanwysings vir gebruik

1 Verwyder die buis prop.

2 Skroef die buisie aan die spreier en draai liggies vas.

3 Prop die spreier in 'n elektriese muurprop vir een maand.

Elke buisie hou vir ongeveer 4 weke, alhoewel lug omset en spreier ligging sal bepaal hoe vinnig die vloeistof versprei, dit moet dus slegs as 'n riglyn oorweeg word.  Dit word aanbeveel dat die spreier nagegaan word 'n paar dae voor hervulling, maw drie en' n half weke na die FELIWAY® Spreier ingeprop was.

'n Aftrek plakker kom voor op elke FELIWAY® Hervul buisie. Hierdie plakker moet op 'n kalender of dagboek geplak word om jou te herinner wanneer jou FELIWAY® Spreier nagegaan moet word.

Om binnenshuise sprei of krappery te voorkom:

Moet nie gemerkte areas was met produkte wat ammoniak of bleikmiddel bevat nie, aangesien katte baie sensitief is vir hierdie reuke. Water, chirurgiese alkohol of 'n urien verwyderings produk, soos Urine-Away™, moet gebruik word vir die behandeling van besmette areas. Vir meer inligting, verwys na die gereëlde vrae (FAQ) gedeelte.

• Prop ‘n FELIWAY® Spreier in, in die kamer waar merking plaasgevind het, of in die kamer wat mees gereeld deur die kat gebruik word.

• Laat die FELIWAY® Spreier voortdurend ingeprop vir ten minste 4 weke.

FELIWAY® Spuit kan gebruik word in samewerking met die FELIWAY® Spreier, soos nodig.

• Die behandeling kan gestaak word sodra jy waarneem dat die kat oppervlaktes met sy kop skuur en met sy eie gesig feromone merk.  Indien dit nie waargeneem word nie, hou aan vir ten minste nog 1 maand.  Vervang hervuller soos vereis.

• Onmiddellike resultate mag gesien word, maar alle gevalle is anders en die bespuiting kan verminder word met verloop van tyd.

• Indien 'n kat  ‘n geskiedenis het van urien spuiting, moet die FELIWAY® Spreier ingeprop word 48 uur voor 'n stresvolle gebeurtenis, bv nuwe troeteldier, huis opknapping, besoekers, vakansies, verhuising, ens

Om konflik tussen katte te help voorkom of te verminder en harmonie in jouhuishoudingte herstel:

• Die FELIWAY® Spreier moet ingeprop word in die kamer wat mees gereeld deur die katte gebruik word, om die algemene stres vlakke te verminder

• Laat die Spreier ingeprop vir ten minste 4 weke of totdat probleme verminder. Vervang hervul soos benodig.

• Die FELIWAY® Spuit kan gebruik word in samewerking met die FELIWAY® Spreier vir verdere  gerusstelling indien nodig.

Stresvolle situasies – Verandering van omgewing (bv. verblyf in 'n kattery of veearts kliniek, 'n nuwe huis of enige ontwrigting in die kat se grondgebied (baba, 'n nuwe troeteldier, kat, hond, ens)

Die FELIWAY® Spreier moet ingeprop word in die kamer wat mees gereeld deur die katte gebruik word

• Laat die Spreier voortdurend ingeprop bly vir ten minste 4 weke of totdat probleem afneem.

• Die FELIWAY® Spuit kan gebruik word in samewerking met die FELIWAY® Speier om verdere gerusstelling te gee.

Gedrags- en omgewings-veranderings mag nodig wees en advies moet verkry word van jou veeartseny praktyk.

Last update: 25/08/2023

Terug na bo