Honde - D.A.P.® - FAQ

Algemene vrae rakende gedragsteurnisse in honde

Watter feromoon is in D.A.P.® en is dit veilig vir die mens?

Die feromone wat deur D.A.P.® vrygestel word is identies aan die hond kalmerings feromone wat deur tewe afgeskei word 3-5 dae na die hondjies se geboorte. Omdat feromone spesie-spesifiek is, sal die hond feromone geen invloed op die mens he nie. Die werklike konsentrasie van feromone in die lug op 'n spesifieke tyd is klein.

Is die D.A.P.® spreier ewe effektief in volwasse honde as in klein hondjies?

Navorsing het duidelik getoon dat die gerusstellende eienskappe van honde kalmerings feromone voortduur tot en met volwassenheid.

Sal die D.A.P.® spreier enige invloed op ander troeteldiere hê?

Feromone is spesie-spesifiek en sal geen effek op ander troeteldiere hê nie.

Is die D.A.P.® toestel veilig?

Die D.A.P.® spreier toestel word in die EG gemaak om te voldoen aan die Britse Standaard BS 60335.  Die toestel word vryelik gebruik in Europa vir inprop lugverfrissers, muskiet spirale, ens

Kan ek die toestel gebruik as ek aan asma ly?

Bykomend tot die feromoon inhoud, bevat D.A.P.® 'n paraffien-tipe minerale olie wat ook in ander lugverfrisser toestelle gebruik word. As jy besonder vatbaar is, of voorheen probleme gehad het met die gebruik van soortgelyke toestelle, dan raai ons jou aan om die apparaat slegs te gebruik na oorleg met jou Geneesheer.

Moet ek die hervulling verander selfs al is daar nog ‘n bietjie vloeistof oor?

Sommige toestelle sal 'n bietjie langer as die 4 weke hou as gevolg van posisie, lug omset, ens. Die toestel sal nooit heeltemal leeg wees nie omdat die laaste paar milliliter vloeistof nie voldoende kontak maak met die pit nie. Ons beveel aan dat jy die flessie na 6 weke vervang selfs al is daar nog ‘n bietjie vloeistof oor.

Dit blyk dat die vlak van die vloeistof nie afneem nie?

Effense variasies sal plaasvind na gelang van die lug omset. Maak seker dat die lont nie gebreek is nie (moet strek vanaf die onderkant van die vloeistof tot 'n vlak gelyk met die bokant van die warm keramiek plaat). Maak seker die toestel is al die tyd aangeskakel.  Ten slotte, probeer die toestel skuif na 'n ander elektriese prop.

Kan ek die D.A.P.® spreier in dieselfde kamer as 'n lugverfrisser spreier gebruik?

Ja.

Is die spreier veilig as dit na brand ruik?

Die D.A.P.® spreier toestel word in die EG gemaak om te voldoen aan die Britse Standaard BS 60335.  Die toestel word oral in Europa gebruik vir inprop lugverfrissers, muskiet spirale, ens. Nuwe spreiers kan effens ruik wanneer dit aangeskakel word, net soos 'n elektriese verwarmer wanneer stof daarop vergader het. Spreiers in 'n baie stowwerige omgewing kan meer aanhoudend ruik.  Maak seker dat 'n hond of kat nie op die toestel geurineer het nie.

My hond is vernielsugtig in die huis - sal die D.A.P.® spreier help?

Indien u veearts of gedragsberader glo hierdie gedrag is verwant aan vrees of spanning is daar 'n goeie kans dat D.A.P.® sal help, veral as dit gebruik word in samewerking met gedrags-veranderings terapie.  In proewe is vernietigende gedrag verminder met 85 %.  LET WEL - vernielsugtige honde kan hul destruktiewe gedrag fokus op elektriese items in die huis – maak dus seker dat die spreier buite bereik van die hond geplaas word.

My hond eet elektriese toestelle, waar moet ek die spreier plaas?

Jy moet verseker dat die toestel ingeprop word waar die hond nie in staat sal wees om dit te bereik nie.

My hond het die spreier geëet / die vloeistof ingesluk - wat moet ek doen?

Die inname van die olie in die fles kan aanleiding gee tot diarree aangesien minerale olies soms toegedien word vir hul lakseermiddel eienskappe. As jy vermoed dat jou hond ‘n gedeelte van die toestel geëet het, raadpleeg jou veearts.

Hoekom moet die spreier nie onder meubels ingeprop word nie?

Olie damp (draer van die feromone) sal ​​in 'n kolom van warm lug bo die toestel opstyg.  As hierdie stygende lug geblokkeer word (bv. onder 'n rak, tafel, kabinet, ens.) kan die olie weer kondenseer en 'n sigbare merk laat.  Sirkulasie van feromone kan benadeel word.

Moet ek die spreier afskakel in die nag?

Nee - die spreier moet voortdurend dag en nag aangelaat word.

Vir hoe lank moet ek D.A.P.® gebruik?

Dit hang af van die aard en die omvang van die probleem waarvoor jy dit gebruik.  Die volgende tabel gee jou 'n paar aanduidings, maar jou veearts of gedragsberader mag die duur van die gebruik bepaal om jou hond se spesifieke geval te pas.

Situasie

Normale aanbevole duur van die gebruik

Vernietiging, huisbevuiling en blaf in die afwesigheid van die eienaar

3 maande in kombinasie met gedragsterapie

Om die hondjie of die hond te help vestig in 'n nuwe omgewing

1 maand

Om die hondjie of die hond te help om alleen by die huis te bly

2 maande (sosialiseringsperiode)

Hospitalisasie / gebruik in wag / konsultasie kamer

Daagliks / deurlopend

Vrees vir vuurwerke

Kort termyn: die toestel moet ten minste een week voor die verwagte gebeurtenis ingeprop word en aangelaat word vir ten minste een week daarna. Gedurende tye waar vuurwerke meer dikwels voorkom, soos Guy Fawkes nag of Nuwe Jaar, hou 'n toestel ingeprop tot aan die einde van die tydperk. Wanneer dit gebruik word in kombinasie met 'n desensitisasie program: 3 - 4 maande volgens die duur van die terapie

Ander vrese wat in die huis mag voorkom (vreemdelinge, donderstorms, ens.)

Pas aan na gelang van die aard / oorsaak van die vrees en volgens die duur van die gekombineerde gedragsterapie

Wat is 'n desensitisasie program?

Vir 'n langdurige oplossing vir geraas fobie, moet honde behandel word met gedrags-metodes genoem desensitisasie en teenkondisionering.   Die terapie is gebaseer op die gebruik van spesiaal gemaakte klankopnames om honde op te lei om nie te reageer op die geluide wat hulle vrees nie. Dit word aanbeveel om opnames te gebruik wat spesifiek vir hierdie doel ontwerp is en om te verseker dat die gepaardgaande opleiding kom van 'n gekwalifiseerde gedragsterapeut.  Die gebruik van D.A.P.® in samewerking met sodanige terapie kan die proses bespoedig.  Sounds Scary is 'n desensitisasie en teenkondisionerings program vervaardig deur veeartseny gedragsterapeute.

Last update: 11/06/2020

Terug na bo