Entstowwe

Bakteriese entstowwe vir die beskerming van herkouers is 'n gebied van kundigheid wat ons geërf het uit die maatskappy se vorige ondervinding in biologiese produkte.

Coglavax ® (Entstof teen Klostridiose)

'n Polivalente-geïnaktiveerde entstof vir die voorkoming van die volgende klostridiale infeksies in skape en beeste:

  • Klostridiale myositis (Gas gangreen, Kwaadaardige edeem, Sponssiekte, nekrotiese hepatitis)
  • Enterotoksemie (Bloedderm, Rooiderm, bloednier, Hemoragiese enteritis)
  • Tetanus

Coglavax® is die enigste entstof in Suid-Afrika wat 2 IE / ml teenliggaampies voortbring teen Alpha toksien van Clostridium perfringens in die serum van beheer diere.

Coglavax® maak gebruik van 'n bevorderingsmiddel wat gebruik word in menslike entstowwe: Aluminiumhidroksied. In vergelyking met olie of potas alumina entstowwe, veroorsaak. Coglavax® bevorderingsmiddel 'n hoër vlak van teenliggame sonder groot plaaslike of sistemiese reaksies. Voedselinname en / of melk produksie word in stand gehou na die inspuiting.

Cevac® Chlamydia (Entstof teen Ensoötiese aborsie)

'n Lewendige, vries-gedroogde, verswakte entstof vir die voorkoming van ensoötiese aborsie veroorsaak deur Chlamydophia aborsie infeksie.

As 'n lewendige entstof, voorkom Cevac® Chlamydia aborsie en beheer uitskeiding. Geen jaarlikse skraag inspuiting is nodig.

Last update: 21/02/2021

Terug na bo