Gaan terug na die produktelys

VECTORMUNE® FP-MG + AE 1000D Reg Nr G3852 Wet 36/1947

‘n Lewendige gevriesdroogde entstof teen Hoenderpokkies, Mycoplasma gallisepticum infeksie en Hoenderenkefalomiëlitis.

‘n Lewendige gevriesdroogde entstof vir die inenting van gesonde hoenders teen Hoenderpokkies,  Mycoplasma gallisepticum infeksie en Hoenderenkefalomiëlitis (Bewerasie-siekte).

Hierdie entstof bevat ‘n lewendige, gevriesdroogde Hoenderpokkies virus (Cutter stam) wat geneties gemanipuleer is om beskermende Mycoplasma gallisepticum (S6 en R stamme) antigene te bevat en uit te druk asook ‘n konvensionele Hoenderenkefalomiëlitis virus (Calnek 1143 stam). Minimum titer per dosis tot vervaldatum is 102.7TCID50 vir sowel die Hoenderpokkies, Mycoplasma gallisepticum virus as die Hoenderenkefalomiëlitis virus.

Terug na bo