Gaan terug na die produktelys

CEVAC® S. GALLINARUM 1000D Reg Nr G3869 Wet 36/1947

Hulpmiddel vir die voorkoming van Salmonella Gallinarum (hoendertifus) en Salmonella Enteritidis (SE) besmettings.

Salmonella Enteritidis en Salmonella Gallinarum is aanmeldbare siektes soos bepaal deur die wet ophul dieresiektes, Wet 35/1984. Enige voorkoms of ‘n vermoede van die voorkoms van Salmonella Enteritidis of Salmonella Gallinarum moet onmiddellik aan die lokale Staatsveearts gerapporteer word.

‘n Lewendige gevriesdroogde entstof vir aktiewe immunisering van gesonde lêhenne en teelhoenders, as  hulpmiddel vir die voorkoming van Salmonella Gallinarum (hoendertifus) en Salmonella Enteritidis (SE) besmettings. 

Hierdie entstof bevat 2.0 x 107.0 Kolonie Vormende Eenhede (KVE) van lewendige, gevriesdroogde Salmonella Gallinarum antigene (stam 9R).  

Terug na bo