Gaan terug na die produktelys

CEVAC® CORYMUNE 7 K Reg Nr G3790 Wet 36/1947

‘n Geïnaktiveerde olie-emulsie entstof .

‘n Geïnaktiveerde olie-emulsie entstof vir die inenting van gesonde, voorafgeënte lêhenne en teelhoenders teen Newcastlesiekte (NS) en Aansteeklike Brongitis (AB) en vir die inenting van gesonde lê- en teelhoenders teen Eierproduksieverliessindroom (EPS) en Aansteeklike verkoue (Coryza) en as ‘n hulpmiddel in die beheer van Salmonella Enteritidis (SE) besmetting.

Hierdie entstof bevat geïnaktiveerde  Newcastlesiekte virus (La Sota stam), Aansteeklike Brongitis virus (stam M-41),  Eierproduksieverliessindroom (B8/78 stam), Avibacterium paragallinarum (voorheen Haemophilus paragallinarum) antigene (Serotipe A, B en C) en  Salmonella Enteritidis antigene (faag tipe 13A, stam 038-090) in ‘n olie-emulsie.

Minimum titer per dosis is 6 log2 HI ND virus, 6 log2 HI IB virus, 7 log2 HI EDS virus,

7 log10 KVE Avibacterium paragallinarum (voorheen Haemophilus paragallinarum) antigene (van elke serotipe A, B and C) en 5 log2 MAT  Salmonella Enteritidis antigene.

Terug na bo