'n Lewendige, gevriesdroogde, verswakte entstof vir die voorkoming van ensoötiese aborsie
'n Lewendige, gevriesdroogde, verswakte entstof vir die voorkoming van ensoötiese aborsie veroorsaak deur Chlamydophila aborsie infeksie.
Aktiewe bestanddeel: Lewendige, verswakte, Chlamydophila aborsie stam 1B
Dosis: 2 mℓ van die entstof.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® CHLAMYDIA
Reg Nr G3843 Wet 36/1947
Namibiese Reg Nr V10/24.4/877
‘n Lewendige, vriesgedroogde, verswakte entstof, vir die aktiewe inenting van gesonde, vatbare
teelooie as ‘n hulpmiddel in die voorkoming van ensoötiese aborsie (Chlamydiose) wat veroorsaak
word deur Chlamydophila abortus besmetting.
Berging:
- Berg in ‘n yskas teen 2 – 8°C. Moet nie vries nie.
- Beskerm teen sonlig.
- Onbehoorlike berging van die entstof kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
Samestelling:
Hierdie entstof bevat ‘n lewendige, verswakte, termolabiele Chlamydophila abortus stam 1B.
Minimum titer per 2 mℓ dosis is 105.0 Inklusievormende Eenhede (IVE).
Waarskuwings vir operateur:
- Cevac® Chlamydia moet nie deur swanger vroue, of deur vroue van kinderbarende ouderdom
hanteer word nie, aangesien die entstof aborsie mag veroorsaak.
-Immuno-onderdrukte persone (byvoorbeeld mense met VIGS, mense wat chemoterapie
ondergaan en mense wat immuno-onderdrukkende middels gebruik) moet ook nie hierdie entstof hanteer nie. Raadpleeg ‘n geneesheer as daar enige twyfel is.
- Beide handskoene en ‘n beskermende gesigskerm moet gedurende die hantering van hierdie
entstof gedra word.
- Alle voorsorgmaatreëls moet getref word om selfinspuiting te vermy. Indien dit egter gebeur,
raadpleeg dadelik ‘n geneesheer en lig hom/haar in dat selfinspuiting met ‘n lewendige, chlamydiale entstof voorgekom het en maak hierdie etiket beskikbaar. Tetrasikliene is die aanbevole behandeling vir menslike Chlamydophila abortus besmettings.
Waarskuwings:
- Moenie skape vir menslike gebruik slag vir ten minste 10 dae na inenting nie.
- Slegs gesonde skape moet ingeënt word.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- MOET NIE SKAPE MINDER AS 4 WEKE VOOR DEKKING INENT NIE.
- MOET NIE DRAGTIGE SKAPE INENT NIE.
- MOET NIE SKAPE WAT BEHANDEL WORD MET ANTIBIOTIKA INENT NIE, VERAL IN DIE GEVAL VAN TETRASIKLIENE.
- ‘n Tydelike, ligte swelsel by die plek van inspuiting mag voorkom, maar sal binne ‘n paar dae
verdwyn.
- ‘n Gemiddelde toename in temperatuur van 0,5 - 1˚C mag waargeneem word vir 2 - 3 dae, na
inenting met Cevac® Chlamydia.
- Ensoötiese aborsie is net een van die oorsake van aborsie in skape. Indien die aborsie tempo
onveranderd bly, raadpleeg u veearts.
- Moet nie enige ander lewendige entsof binne 4 weke vanaf inenting met Cevac® Chlamydia toedien nie.
- Moet nie enige ander entstof 14 dae voor of na inenting met Cevac® Chlamydia toedien nie.
- Vernietig enige oorblywende entstof deur bv verbranding. Raak ontslae van alle leë entstofhouers
en toebehore na inenting voltooi is.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit
faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
Voorsorgmaatreëls
- Moenie met enige ander entstof meng nie.
- Let wel, die gewone aseptiese voorsorgmaatreëls geld gedurende die toediening van hierdie
entstof. Maak seker dat alle entstof toerusting (naalde, spuite ens) skoon en steriel is voor gebruik.
- Moet nie kontamineer met ontsmetmiddels of alkohol nie.
- Nadat ‘n bottel oopgemaak en gemeng is, moet die inhoud koel gehou word en binne 2 uur gebruik
word.
- Meng slegs die hoeveelheid entstof wat onmiddellik benodig word en gebruik dadelik.
- Moet nie gedeeltelik gebruikte houers berg vir toekomstige gebruik nie.
- Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese, hande of
klerasie in aanraking kom nie.
- Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
Gebruiksaanwysings: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
- Cevac® Chlamydia word aanbeveel vir die aktiewe inenting van gesonde, vatbare, teelooie, as ‘n
hulpmiddel in die voorkoming van ensoötiese aborsie (Chlamydiose) wat veroorsaak word deur Chlamydophila abortus infeksie.
- Die vermoë van hierdie entstof om goeie resultate te verkry maak staat op verskeie faktore,
insluitend, maar nie beperk tot voorwaardes van berging en hantering deur die verbruiker;
toediening van die entstof en die gesondheid en reaksie van die trop nie.
Gebruiksaanwysings moet dus streng nagevolg word.
Rekonstitusie:
- Maak die entstof aan met die verdunningsmiddel, onmiddelik voor gebruik, deur 2 mℓ
verdunningsmiddel per dosis te gebruik.
- Trek ongeveer 5 mℓ verdunningsmiddel uit die verdunningsmiddel bottel met ‘n spuit en naald.
- Spuit die verdunningsmiddel in die entstof bottel en skud goed totdat die poeierprop volledig
opgelos is.
- Verwyder die entstof oplossing uit die bottel, spuit terug in die verdunningsmiddel bottel en skud
goed.
- Moet nie gedurende hierdie proses ‘n entstof aerosol genereer nie.
Toediening:
- Dosis: ‘n Enkele inspuiting van 2 mℓ van die gemengde entstof moet onderhuids
toegedien word.
- Die voorkeur plekke vir onderhuidse inspuiting is die sykante van die nek, of die laer area van die
ribbekas, net agter die kaal plek agter die voorbeen.
- Tyd van inenting: Ooi lammers geoormerk vir teeldoeleindes, mag van 5 maande ouderdom ingeënt
word.
Skeerlinge en ouer ooie moet gedurende die 4 maande tydperk voor dekking ingeënt word.
- Skape moet na twee jaar her-ingeënt word.
Aanbieding:
Geseëlde glas bottels met 10, 20, 25, 50 en 100 dosisse entstof. Daar word steriele verdunningsmiddel (20 mℓ, 40 mℓ, 50 mℓ, 100 mℓ en 200 mℓ) saam met die entstof verskaf.
Registrasiehouer:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07)
Posbus 7707
Halfway House
1685
Vervaardig deur:
Ceva – Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest
Szállás u.5. Hungary