Inentingsdienste en toerusting

Die beste entstowwe kan net werk as hulle behoorlik toegedien word, in die voël of binne die eier, op die regte plek, teen die regte dosis en in 'n skoon omgewing.

Met hierdie beginsel in gedagte, het ons 'n hele organisasie in staat daartoe om ons kliënte te help met hul inentingsprogram. Om hierdie doel te bereik, het ons spanne inentingspesialiste in die wêreld gehuur en opgelei, wat verantwoordelik is om tydens hul roetine diensbesoeke ons toerusting in stand te hou, om vir die personeel inentingstegnieke aan te leer en om resultate te monitor.

CEVA is nou die vennoot van keuse om aan honderde broeierye en plase inentingstoerusting en dienste te verskaf.  Hierdie aanbiedings is geformaliseer in twee pakkette:  C.H.I.C.K. Program vir broeierye en EIER Program vir plase.

In 2008, het ons DESVAC verkry in Frankryk, die leier in die sproei, binnespierse en subkutane aanwendings.   In 2009 het ons 'n gesamentlike onderneming met Ecat aangegaan, 'n voorloper in pluimvee outomatisasie tegnologie en In Ovo inenting.

Ons neem die voortou in entstof tegnologie, toerusting en inentingsdienste!

 Inentingsdiens Program

C.H.I.C.K. Program

Om ons kliënte te help om die beste resultate van hul entstowwe, hul toerusting en arbeid te kry, het ons in 2009 die CEVA Broeiery Immuniseringsbeheer Sleutelprogram, of eenvoudig net die C.H.I.C.K. Program ingestel. Dit is 'n volledige dienspakket om die gehalte van dag oud kuikens en In Ovo inenting te verbeter.

• Ons help met die bestuur van die inentingsprogram, sodat ons kliënte meer tyd aan hul eie prioriteite kan bestee.

• Ons werk aan die verbetering van gehalte inenting en die bereiking van goeie gehalte kuikens

• Ons verseker dat die toerusting in 'n goeie werkende toestand is

• Ons lei ons kliënte se personeel op in goeie inentingsprosedures

Broeiery inentingsprogram

Te danke aan die vooruitgang in moderne tegnologie van entstowwe en toerusting, word die broeiery toenemend die middelpunt van inenting vir die wêreld braaikuikenprodusente.

Anders as by plaasinenting, bied dit 'n aantal voordele, aangesien die inentingsprogram vereenvoudig kan word en kwaliteit gewaarborg word.

Hierdie behoeftes vereis 'n hoë vlak van kundigheid, opleiding van personeel en punt-tot-punt proseskontrolering. Ingevolge hiervan het CEVA die C.H.I.C.K. Program ontwikkel om broeiery beroepsmense op vyf maniere te ondersteun:

1. ENTSTOFVERSORGING

2. INENTINGSTEGNIEKE

3. TOERUSTINGVERSORGING

4. OUDIT EN KONTROLERING

5. KUNDIGHEID EN OPLEIDING

Ons Broeiery diensspanne sal die onderneming op 'n vooraf ooreengekome basis besoek en 'n aantal toetse en maatreëls instel, volgens die C.H.I.C.K. Programprosedures. Hulle doel is om in vennootskap met die broeieryspanne te werk om die gehalte inentings te verbeter. Dit sluit in 'n toegewyde IN OVO toerusting diensprogram.

 MONITERING VAN JOU RESULTATE

Omdat jy data benodig om die onderneming te bestuur, het ons 'n kragtige elektroniese hulpmiddel ontwikkel vir ons Broeiery Inentingspesialiste om inenting sleutel prestasieaanwysers aan te teken en te vertoon. Sodra hulle hul roetine diensbesoek voltooi het met behulp van hul elektroniese tablet, sal hulle jou onmiddellik die statistiese resultate wys en hul aanbevelings gee.

• Kuiken Kwaliteitstelling

• Entstof voorbereidingsgehalte

• Toedieningsgehalte

• Higiëne en biosekuriteit

• Kondisie van Toerusting

EIER Program

Lanklewende voëls benodig 'n goed gevestigde immuniteit om hulle te help om uiteindelike siekteuitdagings op die plase die hoof te bied. Die EIER Program is 'n omvattende dienspakket om die gehalte van die teël- en lê voël inentings te verbeter en daardeur produsente te help om die maksimum werkverrigting van hulle voëls te verkry.

Plaas inentingsprogram

CEVA het die EIER Program ontwikkel om die kwaliteit van inentings te verbeter  en ook in antwoord daarop om die spanning wat veroorsaak word deur die aantal inentings en hantering tydens die grootmaak tydperk te verminder.

Hierdie behoeftes vereis 'n hoë vlak van kundigheid, opleiding van personeel en punt-tot-punt prosesbewaking. In reaksie hierop het CEVA die EIER Program geskep om teël- en lê voël beroepsmense  op vier maniere te ondersteun:

1. ENTSTOFVERSORGING

2. INENTINGSTEGNIEKE

3. TOERUSTING

4. OUDIT en KONTROLERING

Ons velddiensspanne sal die onderneming op 'n gereelde basis besoek en 'n aantal toetse en maatreëls uitvoer, volgens die EIER Program prosedures. Hulle doel is om saam te werk met die plaas-spanne om die gehalte van inenting te verbeter.

Inentingsdienste:

Øhttp://www.ceva.com/Products/Poultry/Vaccination-services-and-equipment/Vaccination-Service-Program

Inentingstoerusting:

Øhttp://equipment.ceva.com

In Ovo toerusting :

Øhttp://ecat-in-ovo.com/at in Ovo website

https://www.dropbox.com/sh/mz26qrtji8h3zsj/_cHLRJFrYI

Last update: 14/05/2020

Terug na bo