Entstowwe

CEVAC ® TRANSMUNE IBD:  Immuun Kompleks tegnologie teen Gumboro. Die beheer van Infektieuse Bursa Siekte (IBS of Gumboro) was nog vir altyd ‘n uitdaging vir produsente. Om hierdie uitdaging te oorkom was ‘n entstof nodig wat die teenwoordigheid...

CEVAC® TRANSMUNE IBD:  Immuun Kompleks tegnologie teen Gumboro.

Die beheer van Infektieuse Bursa Siekte (IBS of Gumboro) was nog vir altyd ‘n uitdaging vir produsente. Om hierdie uitdaging te oorkom was ‘n entstof nodig wat die teenwoordigheid van hoë vlakke van maternale antiliggame kon oorkom.

As ‘n oplossing hiervoor, het CEVA die entstof, CEVAC® Transmune IBD, ontwikkel. Dit is ‘n unieke entstof wat opgegradeerde immuun kompleks tegnologie gebruik, wat die uitdaging van wanneer om te ent, asook die probleem van nie uniforme toediening van entstof op die plaas, te uitskakel.Dit het dit ook moontlik gemaak om lewenslange beskerming teen alle vorme van Gumboro daar te stel met ‘n enkele dosis wat in-ovo of subkutaan op dag-oud toegedien word.

VECTORMUNE®: Die grootste keuse siektebeskerming in ‘n vektorentstof lyn.

VECTORMUNE® entstowwe is dienuwe generasie pluimvee entstowwe.Hierdie vektorentstowwe verskaaf aan produsente al die voordele van konvensionele, gemodifiseerde lewendige entstowwe, sonder die moontlike nadelige effekte. VECTORMUNE® entstowwe is geneties gemanipuleer om die sleutel beskermende antigene teen virulente pluimveesiektes, insluitende Newcastle Siekte, Marek’s Siekte, Hoenderpokke, Gumboror, Infektieuse Laringotrageïtis, Avian Influenza en Mycoplasma, uit te druk vir die nodige immuun respons..

CEVAC® VITABRON L: Unieke oplossing vir dag-oud enting.

Die dag-oud enting van kukens is krities om ‘n goeie primêre immuun respons te ontlok, wat ‘n sterk basis daarstel vir die res van die kuiken se lewe, asook ‘n verbeterde reaksie op die herinenting teen Newcastle Siekte en Infektieuse Bronchitis.
Dit kan egter lei tot nadelige post-inentings-reaksies in hierdie jong voëls. Om dit te oorkom het CEVA ‘n unieke entstof ontwikkel, wat ‘n PHY.LMV.42 (aoatogene enterotropiese Newcastle Siekte stam) en die Massachusetts H120 Infektieuse Bronchitis stam, kombineer. Dit stel produsente in staat om ‘n veilige en effektiewe entstof deur dag-oud sproei toe te dien.

LAYERMUNE® SE:  Steeds die standaard in Salmonella beskerming.

CEVA het die eerste USDA registrasie ontvang vir ‘n entstof teen S. enteritidis. LAYERMUNE® SE, bekend gestel reeds in 1992, was instrumenteel om CEVA die no.1 in salmonella entstowwe in die VSA te maak. Die beproefde sukses van LAYERMUNE® SE en die gevaar wat S. enteritidis inhou vir menslike gesondheid, het gelei tot die wêreldwye verspreiding.

CEVAC® CORYMUNE RANGE: Breë spektrum Infektieuse Coryza en Salmonella Enteritidis (SE) entstof.

Vermindering van die aantal entings wat toegedien moet word, het gelei tot kombinering van beskerming teen Coryza, belangrikste virale siektes (ND, IB) en SE in een entstof.:
CEVAC® Corymune 4K is die eerste geïnaktiveerde entstof wat breë Coryza beskerming (serotipe A, B, C) en SE, in een entstof kombineer. Die entstof bevat Aluminium Hydroksied as adjuvant en belemmer nie groei in die grootmaak fase nie. CEVAC® Corymune 7K lewer langduringe immuniteit gedurende die eierproduksie fase, deur die kombinasie van Coryza (serotipes A, B, C), SE, Infektieuse Bronchits, EDS en Newcastle Siekte.

Last update: 13/10/2015

Terug na bo