Privexia® Bekendstelling

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om Ceva Dieregesondheid se nuwe endektosied, Privexia® , Reg. Nr. G3915 (Wet 36/1947), aan u bekend te stel.   Privexia® bevat 1% Moksidektien , ‘n tweede generasie makrosikliese laktoon, met ‘n breë spektrum aktiwiteit...

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om Ceva Dieregesondheid se nuwe endektosied, Privexia®, Reg. Nr. G3915 (Wet 36/1947), aan u bekend te stel.  Privexia® bevat 1% Moksidektien, ‘n tweede generasie makrosikliese laktoon, met ‘n breë spektrum aktiwiteit teen beide interne en eksterne parasiete. Privexia® is geregistreer met ‘n 35 dae nawerking in die beheer van haarwurm en bruinmaagwurm by skape sowel as 28 dae nawerking in die beheer van blou bosluise by vleisbeeste. Privexia® is ontwikkel op Ceva Suid Afrika se Navorsingsplase onder huidige boerdery toestande. Dit word plaaslik vervaardig in ons aanleg te Midrand volgens Ceva kwaliteitstandaarde.

By Ceva is ons daartoe verbind om meer as net ’n produk te verskaf. Ons is toegewyd om beter oplossings te vind om diere se gesondheid en produktiwiteit te verbeter – oplossings soos Privexia®, ’n nuwe inspuitbare endektosied vir skape en beeste.

Met Privexia® kry jy:

  •   Nawerking van 35 dae vir beheer van haarwurm en bruinmaagwurm in skape
  •   Nawerking van 28 dae vir beheer van bloubosluise in beeste
  •   Ontwikkel onder huidige plaaslike toestande
  •   ’n Produk in Suid-Afrika getoets en beproef
  •   Tegniese bystand
  •   'n Plaaslik vervaardigde produk onder Ceva kwaliteitstandaarde

Privexia® - Verbintenis in ’n bottel

Last update: 05/10/2018

Terug na bo