CEVA SUID-AFRIKA STEL HYOGEN BEKEND BY 2016 SAVPO SIMPOSIUM

Bekendstelling van Hyogen en herbekenstelling van Gleptocil aan die varkbedryf.

Op 7 & 8 September 2016 het CEVA Suid-Afrika die bekendstelling van Hyogen en die herbekendstelling van Gleptocil suksesvol van stapel gestuur by die SAVPO (Suid-Afrikaanse Vark Produsente Organisasie) simposium gehou by Emperors Palace. Tydens die simposium het hulle ook die CEVA Longprogram App aan belanghebbende afgevaardigdes bekend gestel.

Die bekendstelling is goed bygewoon en verteenwoordig deur die groot belanghebbendes, produsente en veeartse in die vark bedryf, wat bymekaar gekom het om kennis te deel, kennis op te doen en te leer van nuwe produkte en innovasies in die vark bedryf.

CEVA wil graag vir Hannelie Cilliers, Dr Dudley Gradwell en Dr Doug Bruce wat CEVA Suid-Afrika verteenwoordig het bedank, aangesien hulle bereid was om hul eie ervarings en waarnemings van hierdie produkte te deel , en wat te alle tye gereed was om enige vrae en navrae met betrekking tot hierdie produkte te beantwoord.

Last update: 12/06/2017

Terug na bo