AVI- AFRIKA 2016

AVI-Afrika is die grootste pluimvee kongres en uitstalling in Afrika.

CEVA Dieregesondheid se naam is weer hoog gehou met ons teenwoordigheid by die AVI-Afrika 2016-kongres, wat gehou is van 21-23 Junie 2016 by Emperors Palace in Kempton Park, Johannesburg, Suid-Afrika.

AVI-Afrika is die grootste pluimvee kongres en uitstalling in Afrika. Dit is hier waar kuiken-, eier- en braaikuikenprodusente uit die kommersiële en opkomende marksektore, blootgestel word aan die wydste verskeidenheid van praktiese ontwikkelings- en kommersiële oplossings. Dit is ontwerp om die unieke landbou vereistes van die pluimveebedryf te ondersteun. 

Op hierdie konferensie het alle uitstallers hul nuutste produkte, tegnologie en vaardighede gedemonstreer.

Daar was 178 staanplekke, 20 buitelandse uitstallers en 1 952 registrasies, waarvan sowat 10% van 29 lande regoor die wêreld was.

'n Groot dankie gaan aan die CEVA Suid-Afrika Pluimveespan, wat die maatskappy in volle mag  verteenwoordig het,en gaste bygestaan het ​​met al hul navrae oor en belangstelling in ons maatskappy, ons produkte en ons inentingstoerusting.

Last update: 12/06/2017

Terug na bo