BEVORDERING - PLUIMVEE BESIGHEIDSEENHEID BESTUURDER

BEVORDERINGS CEVA ANIMAL HEALTH (EDMS) BPK SUID-AFRIKA

Dit is met plesier dat ek die bevorderingsaanstelling van ‘n werknemer van Ceva Animal Health Suid-Afrika bekend maak.

Dr Jonathan Wright is bevorder tot Pluimvee Besigheidseenheid Bestuurder.

Hierdie bevordering is genoodsaak na die tragiese afsterwe van Hermann Stassen in Augustus 2018.

Jonathan het 'n B.V.Sc. Graad van die Universiteit van Pretoria, en het onlangs 'n MBA-graad (Meester in Bedryfsadministrasie) voltooi.  Hy het in 2014 by Ceva Animal Health Suid-Afrika aangesluit as Tegniese Veearts vir die Pluimvee besigheidseenheid.

Hy het die Veeartsenykundige Dienste afdeling suksesvol gestig en bygedra tot die groei van die pluimveebedryf plaaslik.  Ons is vol vertroue dat hy die nodige dinamiek, asook 'n duidelike visie vir ons Pluimveebesigheid sal bring.

Ons by Ceva wens hom alles van die beste toe, sowel as sukses in sy nuwe posisie, en verseker hom van die ondersteuning van al sy kollegas.

MICHAEL FAINT

Last update: 15/10/2018

Terug na bo