Kontribusie

Ceva maak 'n groot bydra in die wêreldwye stryd teen dieresiektes.

‘n Verstommende 75% van opkomende menslike siektes is van dierlike oorsprong.  CEVA maak ‘n groot bydrae in die wêreldwye stryd teen Bruselose, Voëlgriep en ander zoönoses soos Q-koors, wat onlangs ‘n groot gevaar vir openbare gesondheid in Nederland geword het.

Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) word daar elke jaar 500 000 gevalle van Bruselose in die mens gediagnoseer.  Bruselose word oorgedra van dier na mens hoofsaaklik deur die inaseming van stof tydens die hantering van produkte besmet met die Brusela bakterieë, of deur die inname van onbehandelde melk van besmette diere.

As ‘n Internasionale Veterinêre Farmaseutiese groep wat nog steeds aktief teenwoordig is op die gebied van Bruselose beheer, is CEVA in vennootskap met lande waar die patologie hoogs endemies is, met pogings vir die voorkoming en verspreiding daarvan.  Die groep bied gesondheidsowerhede ‘n omvattende inentingsoplossing.  ‘n Kombinasie van die produk self en die tegniese kundigheid van een van die leiers in aborsie siektes.

CEVA het ‘n vector enstof ontwikkel  – VECTORMUNE HVT-A1 (‘n rekombinante entstof), wat ons een van die belangrikste spelers maak in die wêreldwye pogings om die verspreiding van voëlgriep te voorkom.

Dit word voorspel dat teen 2020 daar ‘n 50% tekort in wêreld proteïen produksie sal wees.  In hierdie konteks is CEVA verbind daartoe om nuwe oplossings te help vind om die produksie van dierlike proteïen in alle dele van die wêreld te verbeter.

Last update: 22/03/2016

Terug na bo