Besigheid en wetenskaplike venootskappe

CEVA werk met ‘n uitgebreide netwerk van sake- en wetenskaplike instellings wêreldwyd om wetenskaplike kennis uit te brei en te diversifiseer.

HULP MET DIE “WIS SLAAPSIEKTE UIT” PROJEK (SOS - STAMP OUT SLEEPING SICKNESS)

Van die parasiete wat slaapsiekte in mense veroorsaak, leef ook in beeste.   Bloedsuiende Tsetse Vlieë wat die parasiete oordra, voed op geïnfekteerde beeste en dra dit dan oor wanneer hulle mense byt.   As dit onbehandeld gelaat word kan die mikroskopiese slaapsiekte parasiet meestal dodelik wees vir mense, maar geen siekte in beeste veroorsaak nie.

Die hoof elemente van die “WIS SLAAPSIEKTE UIT” PROJEK is:

  • Massa behandeling van honderde duisende beeste met Ceva se VERIBEN® en VERIDIUM® wat slaapsiekte parasiete beheer - oor 'n miljoen was behandel.
  • Gereelde sproei van hierdie beeste met Ceva se inseksproei VECTOCID® wat die Tsetse vlieë, ander tipes vlieë wat beeste pla en ook bosluise doodmaak.
  • Stigting van plaaslike besighede waar jong gekwalifiseerde veeartse toegerus word met ondernemingsvaardighede om sodoende hulle tegniese kennis en vaardighede uit te brei.   Dit stel hulle in staat om met netwerke van gemeenskapsgebaseerde werkers te werk om hierdie belangrike dieregesondheis produkte beskikbaar te stel wanneer en waar dit benodig word.   6 Veeartseny praktyke ondersteun nou elk tussen 10-30 werkers.  Die resultaat is gesonder en meer produktiewe beeste wat minder vatbaar is vir bosluis oordraagbare siektes, mense wat minder blootgestel is aan die dodelike slaapsiekte en vernaamlik jong mense wat voordeel trek deur gereelde werk en ook lewensvatbare plaaslike besighede wat die gemeenskap bedien.

TOETS DIE POTENSIAAL VAN "KOEIE TEEN MALARIA":

Veldtogte wat die gebruik van insekdoder-deurdrenkte bednette promoveer was hoogs suksesvol om die hoeveelheid Malaria gevalle dwarsdeur die wêreld te verminder.

Party tipes muskiete kom egter selde in huise in, en daarom sal hierdie behandeling nie vir hulle werk nie.   Hierdie muskiete voed eerder op diere, soos beeste, maar omdat hulle ook soms op mense voed, is hulle nogtans 'n belangrike risiko vir Malaria.

Miljoene beeste word alreeds met spesiale plaagdoders behandel om Tsetse vlieë en bosluise te beheer, soos bewys deur die "Wis slaapsiekte uit" projek reeds bewys het.   Ceva ondersteun nou 'n span Kenyaanse en Britse wetenskaplikes, onder leiding van Professor Steve Torr van die Liverpool Skool vir Tropiese Medisyne, GB, in 'n projek genaamd "Cows Against Malaria".

Die projek se hoof doel is om eerstens uit te vind watter bees inseksproei die mees effektiewe een is om hierdie muskiete te beheer.   Verskillende tipes plaagdoders sal vergelyk word onder gekontroleerde toestande in Wes Kenya.

Indien die veldproef suksesvol is, hou hierdie benadering betekenisvolle addisionele gesondheidsvoordele in vir mense in gevaar van Malaria en wat ook in nabye kontak met hulle beeste lewe.

OM VEEARTSNY MIDDELS BEKOMBAAR EN BEKOSTIGBAAR TE MAAK VIR ALMAL:

In ontwikkelende lande is die enting van plaasdiere nie maklik nie.   Bestaande entstowwe is gewoonlik te duur of nie maklik bekombaar nie, veral vir arm vee eienaars.   Vir party belangrike siektes is daar net geen effektiewe entstowwe beskikbaar nie.   Die resultaat is dat die gesondheid en welstand  van plaasdiere, hulle eienaars en die gemeenskap waarin hulle lewe, onder groot risiko verkeer.

Om hierdie situasie te verbeter is die "Global Alliance for Livestock Veterinary Medicine" (GALVmed) in 2004 gestig.

GALVmed is ‘n wêreldwye nie-winsgewende alliansie van openbare, private en regeringsvennote, tans befonds deur die Bill en Melinda Gates-stigting en GB se Departement vir Internasional Ontwikkeling. 

CEVA is daartoe verbind om ‘n aktiewe lid van GALVmed te wees.   CEVA se teenwoordigheid in die ontwikkelende lande, en die maatskappy se tegniese kennis, veral in tropiese veterinêre medisyne, help GALVmed om hulle doel om vee te beskerm en menslike lewens te verbeter, te bereik.

Ceva se Uitvoerende Hoof, Marc Prikazsky, beskryf wetenskaplikes as die wêreld se "nuwe entrepreneurs".   Indien u 'n besigheids of wetenskaplike idee het wat u graag onafhanklik, en/of in samewerking met ons sou wou ontwikkel, is u meer as welkom om ons te kontak.

Last update: 23/03/2016

Terug na bo