Pluimvee

Pluimvee entstoftegnologie is een van ons maatskappy se kern eienskappe en fokus areas.

Pluimvee entstoftegnologie is een van ons maatskappy se kern eienskappe en fokus areas.

Pluimvee is ‘n baie belangrike bron van proteïen vir alle kulture regoor die wêreld. Dit is krities om die globale produksie van hoë kwaliteit pluimveevleis en eiers te beskerm, om in die behoeftes van die vinnig groeiende wêreldpopulasie te kan bly voorsien. Dit is vir hierdie rede dat CEVA geweldig toegeweid is tot tegnologie in pluimvee entstowwe. Deur middel van ons entstowwe, toerusting en dienste, is CEVA in staat om beide mens en dieregesondheid te beskerm, en soedonede voedsel veiligheid en voedsel sekuriteit te ondersteun,

Die WÊRELD LEIER in Immuun-Kompleks en VECTOR entstoftegnologie

CEVAC® TRANSMUNE IBD :  Immuun-kompleks tegnologie teen IBS (Gumboro).
 Infektiewe Bursa Siekte (IBS) is al vir ‘n lang tyd ‘n uitdaging in die bedryf.Pluimveeprodusente benodig ‘n doeltreffende entstof, ten spyte van die teenwoordigheid van relatief hoë maternale antiliggaampies. Om dit aan te spreek, het CEVA ‘n unieke entstof, CEVAC® Transmune IBD , ontwikkel, met behulp van opgegradeerde immuun-kompleks tegnologie. Dit elimineer die uitdaging van enting teen IBS deur die probleme van korrekte tydsberekening, asook variërende vlakke van entstofverspreiding in die braaikuikenhuis, uit te skakel. Dit maak dit ook moontlik om lewenslange IBS beskerming, teen alle vorme van IBS, met een enkele dosis, in-ovo of subkutaan toegedien, te bereik.

Vandag beskik CEVA oor die wydste reeks entstowwe vir siektebeskerming in die wêreld, insluitend Vectormune® FP pluimvee entstowwe, wat die hoenderpokvirus as vektor gebruik, asook Vectormune® HVT wat die kalkoen herpesvirus as vektor gebruik.

Vectormune® entstowwe is al gebruik in biljoene hoenders regoor die wêreld en word effektief gebruik in die daarstelling van beskerming teen die grootste kombinasie pluimveesiektes.Hierdie entstowwe lewer gevorderde beskerming deur:

  • Geen verlies in produksie: Feitlik geen kans dat die gasheer siek word van die siekte wat gedra word deur die vektor.
  • Minder entings: Vectormune® entstowwe lewer ‘n langdurige reaksie sodat daar gewoonlik nie opvolg entings benodig word nie. Dit verlaag beide stres op die hoenders asook arbeidskoste.
  • Geen virusuitskeiding na enting: Hierdie unieke tegnologie in Vectormune® entstowwe, verwyder die risiko van verspreiding van ‘n lewendige virus in die omgewing, wat kan lei tot ongekontroleerde infeksie in die hoenderhuis.
  • Veiliger: Deur beskerming sonder die kans vir rollende infkesies. Vectormune® entstowwe bevorder pluimveegesondheid deur ‘n verlaging in die aantal siekteorganismes, waaraan pluimvee in hul lewe blootgestel moes word, te bewerkstellig.  

Deur ‘n verskil te maak vir ons klante, het CEVA ‘n leier in entstof oplossings geword: 

  • Die grootste vervaardiger van vektor entstowwe in die wêreld, met die meeste beskikbare kombinasiesVectormune® HVT-NDV, Vectormune® FP-LT, Vectormune® FP –MG , en vele meer.
  • N° 1 in die wêreld in immuun-kompleks tegnologie: CEVAC® TRANSMUNE IBD 
  • N° 1 in the wêreld in Gumboro entstowwe: CEVAC® TRANSMUNE IBD ,Vectormune® HVT-IBD, Cevac® IBD L , en Cevac® Gumbo L. 
  • N° 1 in Salmonella entstowwe in die VSA: Layermune® SE en Layermune® 3 
  • Die eerste breë spektrum geïnaktiveerde entstowwe: Corymune® 4K Corymune® 7K wat Salmonella, Coryza en die belangrikste ander virussiektes in een entstof kombineer.
  • N° 1 in die VSA in hoender anemie virus (CAV)entstofverkope: Circomune® 
  • Een van die groot wêreldwye verskaffers van Avian Influenza en Newcastle Siekte entstowwe: Cevac® Flukem 
  • Meer as 1,000 geregistreerde biologiese produkte wêreldwyd.

Terug na bo