C.H.I.C.K Program: BROEIERY INENTING IS NOU KWALITEITS GOEDGEKEUR

Ceva Suid Afrika se C.H.I.C.K Program is bekroon met die eerste Gehalte-kode van Praktyk erkenning deur Bureau Veritas.

Hierdie internasionaal-erkende gehalte stempel van goedkeuring waarborg die volgende vir pluimveeprodusente en hul kliënte:

• Ceva se toegewyde spanne is bevoeg om die gehalte van in-ovo en dag-oud kuiken inentings te monitor.

• Ceva sal deurlopende opleiding in entstof berging en hantering, voorbereiding, kwaliteitsadministrasie, toerusting instandhouding en die monitering van resultate lewer.

• Ceva is verbind tot gereelde Broeiery besoeke, asook verslagdoening aan Broeiery Bestuurders deur middel van innoverende data bestuur tegnieke, die opvolg van regstellende aksies en ook by te dra tot die voortgesette verbetering van resultate.

• Toerusting word geïnstalleer in ooreenstemming met 'n voorkomende instandhoudingsprogram.

DRA BY TOT HOËR PRODUKTIWITEIT

"Ons glo dat as gevolg daarvan dat die C.H.I.C.K Program Gehalte Goedgekeur gemaak is, ons in staat sal wees om ons verbintenis tot die verskaffing van unieke kwaliteit dienste aan al ons kliënte te demonstreer "- Michael Faint. Ceva SA Besturende Direkteur.

Die Ceva Inenting Dienste & Toerusting bestaan uit 11 Broeiery spesialiste, onder leiding van Chris van Biljon. As deel van hul diensprogram in Suid-Afrika en sy buurlande, besoek hulle elke jaar meer as 60 Broeierye wat aan pluimvee produserende kliënte behoort. Gedurende 2016 is 180 oudits uitgevoer om te help met die opstel van regstellende stappe en verbeterde beplanning.  Die gevorderde data bestuurstelsels laat toe dat die span die algehele Broeiery inentingsdoeltreffendheid en evolusie volg. Tot op datum is daar alreeds meer as 500 inentingstoerusting eenhede in Suider-Afrikaanse lande.

KWALITEITSERKENNING: 'n Stap vorentoe in ons doelwit om te verseker dat ALLE voëls goed ingeënt is.

Ten einde voedselhandel te bevorder en verbruikersvertroue in die gehalte en veiligheid van die produk te handhaaf, is gehaltebestuur van kardinale belang vir die agri-voedselindustrie. Wanneer dit kom by pluimvee produksie, speel die inentingsproses in Broeierye 'n belangrike rol om te verseker dat die entstowwe goed toegepas word vir maksimum potensiaal vir beskerming in die veld. Dis waarom die integrasie van die inentingsproses in Broeierye, as deel van 'n Kwaliteitsbestuurstelsel so krities belangrik is.

Ceva se C.H.I.C.K Program - Gehalte Kode van Praktyk - wat tesame met Bureau Veritas Groep geformuleer is, is nou die verwysingsgids vir inentingsdienste.

CEVA SUID-AFRIKA SE INENTINGSDIENSTE EN TOERUSTING SPAN ONTVANG HUL KWALITEITSERKENNING-TOEKENNING OP 19 JANUARIE 2017.

Foto hieronder, links na regs

Eerste ry:

Chris van Biljon (Inenting Dienste & Toerusting Bestuurder, Marc Roussel (Senior Vise President - Afrika - Bureau Veritas)

 Tweede ry:

Hermann Stassen (Pluimvee Besigheidseenheid Bestuurder), Stiaan Snyman (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Given Malete (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Londiwe Mthethwa (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Rod Tyack (Bemarking en Verkoopsdirekteur - Bureau Veritas), Neda Taghadosifar (Sertifiseringsbestuurder - Bureau Veritas), Michael Faint (Besturende Direkteur)

Derde ry:

Maxwell Fakude (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Ayanda Mkhwanazi (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), John Mokgotla (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Nicky van der Merwe (Inenting Dienste & Toerusting Ondersteuningsassistent), Alba Pfaff (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Rianda du Randt (Besigheidseenheid Assistent)

Vierde ry:

Siyabonga Dlamini (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Johann du Randt (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis), Dienste & Toerusting Spesialis), Johan Vosloo (Inenting Dienste & Toerusting Spesialis).

Last update: 09/02/2017

Terug na bo